Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||||
|
Orkaan Gustav: 'Ons moet op God vertrou'
Saam met die naderende orkaan het stortre7euml;n gekom soos drie jaar gelede met Katrina. "Ons verwag nie dieselfde lewensverlies as met Katrina nie, maar ons verwag dat baie huise verwoes gaan word, infrastruktuur gaan oorstroom en erge skade," mnr. Harvey Johnson van die federale noodbestuuragentskap gesê. "Ons is senuagtig, maar ons moet net op God vertrou dat ons nie weer die water kry nie," het mnr. Lyndon Guidry gesê. Hy kon onlangs eers na sy huis terugkeer ná Katrina. Vroeër Maandag het Gustav, met stortreën en winde van tot 185 km/h, het die Amerikaanse kus aan die Golf van Mexiko Maandag getref waar sowat 2 miljoen mense reeds die gebied ontruim het. Gustav se "oog" was Maandagoggend sowat 275 kilometer suidoos van New Orleans en die orkaan was toe 'n kategorie drie-storm - dié storms het 'n maksimum-windspoed van sowat 208 km/h. Stormwinde kom egter so ver as 350 km van die oog van die orkaan af voor. Berigte van kragonderbrekings in New Orleans is reeds ontvang waar honderde soldate ontplooi is ná wat beskryf is as die grootste ontruiming in die geskiedenis van die VSA. Die soldate en polisiebeamptes sal onder meer probeer om plundery van privaat- en sake-eiendom te verhoed en kan ook vir noodreddingsoperasies in die gebied aangewend word. Na wat berig word, is drie mense wat ernstig siek was, dood terwyl hulle uit die gevaarsone verskuif is. Gustav het reeds veroorsaak dat olieproduksie-platforms in die Golf van Mexiko gesluit is. Dit het daartoe bygedra dat die olieprys Maandag op markte in Asië met sowat 'n dollar per vat gestyg het. Die Republikeinse Party het die begin van sy konvensie in Minnesota afgeskaal ten einde aandag aan hulpverlening aan mense in die gevaargebiede te gee. Intussen is pres. George W. Bush na Texas om om nood-voorbereidings te monitor in afwagting op die orkaan wat reeds meer as 80 lewens geëis het in die Dominikaanse Republiek, Haïti en Jamaika.
In Augustus 2005 is sowat 1 800 mense dood nadat orkaan Katrina New Orleans en omliggende gebied getref en grootskaalse oorstromings veroorsaak het. - Sapa-AFP
|
|||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|