Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

McCain is ‘net nog van Bush’
Sep 05 2008 07:26:27:197PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Charles Smith

Washington. – Hy gaan Washington regruk en Amerika “terugkry op die pad van vooruitgang en vrede”, het sen. John McCain in sy toespraak gesê waarin hy die Republikeinse party se benoeming as presidentskandidaat aanvaar het.

McCain, wat sy hele veldtog rondom sy beeld as held in die Viëtnam-oorlog gebou en homself as ’n vegter beskryf het, het verklaar hy “haat oorlog” en hom as ’n agent vir verandering voorgehou.

“Laat ek ’n waarskuwing rig aan die ou, spandabelrige, doen niks, ek eerste, my land tweede, Washington-spul: Verandering is op pad!”

Hiermee probeer hy die mantel as die ware veranderaar van sen. Barack Obama, die Demokratiese party se presidentskandidaat, afruk.

McCain het skerp woorde vir sy eie party gehad, van wie lede aan die “versoekings van korrupsie” toegegee het.

“Ons het (die mense se) vertroue verloor. Eerder as om die regering te hervorm het albei partye dit groter gemaak.”

In ’n toespraak voor ’n reuse- Amerikaanse vlag op ’n skerm het hy sy riglyne vir sy regering uitgestippel: ’n sterk weermag, werk, geloof, diens, persoonlike aanspreekplikheid, wet en orde en regters wat die reg onpartydig laat geld en nie probeer om van die regbank af wette te maak nie.

“Ek verstaan vir wie ek werk. Ek werk nie vir ’n party nie. Ek werk nie vir spesiale belange nie. Ek werk nie vir myself nie. Ek werk vir julle,” het McCain, wat op 72 die oudste president wil word, gesê.

Hy wil ’n reuse-energieprojek van stapel laat loop om meer energie plaaslik te ontgin en het onder luide toejuiging gesê hy gaan ophou om $700 miljard aan lande “wat nie baie van ons hou nie” te stuur.

Die toespraak van McCain, wat pres. George W. Bush geloof het omdat dié Amerika veilig gehou het ná die 11 September-aanvalle, het baie kritiek ontlok en is as “net nog van Bush” bestempel.

David Gergen, politieke ontleder van CNN, het dit beskou as net nog ’n hersirkulering van “ou Republikeinse idees”, terwyl Jeffrey Toobin van dié kanaal dit as die “swakste toespraak deur ’n presidentskandidaat sedert Jimmy Carter in 1980” bestempel het.

Mnr. Joe Burton, Obama se woordvoerder, het gesê McCain praat van onpartydigheid, maar het nagelaat om te noem dat hy 90% van die tyd in die Bush-kamp is, ’n “Karl Rove-veldtog” gevoer het en wil voortgaan om Bush se rampspoedige ekonomiese en buitelandse beleid voort te sit.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |