Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Borsvoed verminder kans op kanker - studie
Londen. – Vroue wat hul babas vir ’n jaar of langer borsvoed, het 5% minder kans om borskanker te ontwikkel. Dit is die bevinding van die Wêreld-kankernavorsingsfonds aan die hand van 7 000 gevallestudies. Volgens sy hoofnavorser, dr. Rachel Thompson, is dit belangrik dat vroue die voordele van borsvoeding besef. ’n Vroeër studie deur die organisasie het bevind dat driekwart van alle vroue nie bewus is van al die voordele wat dit inhou nie. “Die boodskap wat ons wil uitdra, is dat dit iets positief is,” lui ’n verklaring. Vroue se kanse om borskanker te ontwikkel, verlaag met byna 5%, ongeag of hulle twee babas vir ses maande elk borsvoed of een baba vir ’n jaar lank, het Thompson aan die begin van borskanker-bewusmakingsmaand gesê. “Vyf persent klink dalk nie baie nie, maar hoe langer jy borsvoed, hoe laer is jou kanse om die siekte te ontwikkel.” – Anesca Smith
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|