Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Franse ‘reisiger’ ontvang ’n Nobel
Oct 10 2008 08:55:14:900PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Le Clezio. Foto: Reuters



Stockholm/Parys. – Mnr. Jean-Marie Gustave Le Clezio (68), ’n berese Franse skrywer wat bestempel word as ’n kind van al die vastelande, het eergister die Nobelprys vir letterkunde gewen.

Die Sweedse Akademie, wat besluit wie die gesogte prys van 10 miljoen Sweedse kroon (sowat R13 miljoen) wen, het sy avontuurlike romans, essays en kinderboeke geloof. “Sy werk is kosmopolities van aard. Hy is ’n Fransman, maar hy is eintlik meer ’n reisiger, ’n wêreldburger en nomadies,” het prof. Horace Engdahl, permanente sekretaris van die akademie, gesê op ’n mediakonferensie om die wenner aan te kondig.

Le Clezio het sy internasionale aard gestand gedoen toe hy op ’n mediakonferensie in Parys vrae in Engels, Frans en Spaans beantwoord het.

“Ek het eers ongeloof, toe ontsag en toe genot en pret ervaar,” het hy sy gevoelens beskryf van toe hy die nuus van sy prys hoor.

“Ek het skuld. Ek sal dit betaal,” het hy geantwoord op ’n vraag oor wat hy met die prysgeld gaan doen.

Le Clezio is in Nice gebore en is op agt saam met sy familie na Nigerië. Hy het sy eerste twee boeke tydens dié maand lange reis geskryf. – Reuters


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |