Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

'Bybelkennis lei nie tot doen'
Oct 30 2008 06:58:17:240PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Neels Jackson

Berlyn (Duitsland). – Bybelstudie help nie veel om kerkmense se gedrag te verander nie.

Dit is die boodskap wat dr. Ron Martoia, kerklike transformasiekonsultant uit die VSA, hier aan die e-kerk se Reformasiekonferensie gebring het.

Hy is een van ’n groep vernuwende denkers uit verskeie wêrelddele wat deur die e-kerk hier byeengebring is om te besin oor hoe ’n nuwe kerklike hervorming in die 21ste eeu behoort te lyk.

Martoia se kritiek het een van die hoekstene aangeraak van die wyse waarop Protestantse kerke oor die eeue heen die toerusting van hul lidmate benader het. Dié benadering was om mense met kennis te voer, of dit nou Bybelstudies of ander opleiding was.

Martoia het egter gesê weet lei nie tot doen nie. Informasie lei nie tot transformasie nie.

Kerke het wegbeweeg van die vol liggaamlike belewenis van die wêreld tot ’n intellektuele benadering. Daarmee het benaderings soos aanvoeling en intuïsie verdag geraak.

Jesus se voorbeeld was egter anders, het Martoia gesê. Vir hom was aanvoeling en ’n regte sien van ’n situasie belangriker as om bloot goed te weet. Hy het as voorbeeld verwys daarna dat Jesus toe Jesus na ’n skare gekyk het, hy nie net ’n groot groep mense gesien het nie. Hy het die aanvoeling gehad om te sien dat hulle soos ’n groep skape was wat ’n herder nodig gehad het.

Martoia het vertel hoe hy dit self besef het: Hy het in ’n supermarktou gestaan agter ’n vrou wat nie haar twee balhorige kinders in bedwang kon bring of dit eers probeer doen het nie.

Hy was vies, totdat hy hoor hoe die vrou die kassier om verskoning vra en vertel dat haar man haar die week gelos het, dat sy haar sterwende ma versorg en deur ’n moeilike tyd gaan.

Toe het hy besef hy het geen begrip vir haar situasie gehad nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |