Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||||||
|
Obama belowe winde van verandering
"Dit kom al 'n lang pad. Maar vanaand, as gevolg van wat ons op hierdie dag gedoen het, in hierdie verkiesing, op hierdie bepalende oomblik, het verandering vir Amerika aangebreek," het sen. Barack Obama aan derduisende ondersteuners in Grant Park gesê. "Almal wat vanaand van buite ons grense kyk, in parlemente en paleise; diegene wat rondom 'n radio sit in vergete uithoeke van die wêreld: Ons verhale verskil, maar ons bestemming is dieselfde. " 'n Nuwe tydvak van Amerikaanse leierskap het aangebreek. "Aan diegene wat die wêreld wil afbreek - ons sal julle oorwin. Aan diegene wat na vrede en vryheid streef - ons sal julle ondersteun. "Ons het bewys dat die ware krag van ons nasie nie uit die omvang van ons rykdom kom nie, maar uit die krag van ons ideale - geleentheid, demokrasie, vryheid en hoop," het Obama, die VSA se 44ste een eerste swart president, onder meer gesê.
In 'n verklaring wat deur die departement van buitelandse sake in Pretoria uitgereik is, spreek mnr. Motlanthe onder meer die hoop uit dat sen. Obama se verkiesing beduidend sal bydra tot pogings op die vasteland van Afrika om "verandering waarin hulle kan glo" teweeg te bring ten einde 'n beter lewe vir almal te bewerkstellig. - Sapa
|
||||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|