Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Oorlog in Irak is eindelik verby!...of is dit regtig?
Washington. – Die oorlog in Irak is verby en pres. George W. Bush is van verraad aangekla. Dit moes dus ’n baie besige nuusdag by die New York Times gewees het, maar was dit regte nuus, ’n selfvervullende professie of net ’n baie slim spottery? Minstens 1,2 miljoen eksemplare van ’n fop-uitgawe van die New York Times is eergister aan pendelaars in New York uitgedeel. Die hoofopskrifte was vir sommige te goed om waar te wees. Gratis eksemplare van dié fopkoerant van 14 bladsye, wat nes die regte koerant gelyk het, is by besige moltreinstasies oor die stad heen versprei, maar min mense het ag geslaan op die datum daarop – 4 Julie 2009, die datum van onafhanklikwording in die VSA. Nog voorbladopskrifte het gelui: “Die wet op patriotisme is herroep”; “Eks-minister vra om verskoning vir bangmaakstories oor wapens van massa-vernietiging”; en “Maksimumloonwet ingestel vir besturende direkteure”. Dit het later eergister aan die lig gekom dat die fop-koerant die werk was van die Yes Men, ’n liberale groep. In hul verklaring op die webwerf van die Poynter-instituut, ’n joernalistiek-dinkskrum, het Bertha Suttner, een van die fopkoerant se skrywers, gesê: “In ’n operasie wat ses maande geneem het om te beplan, is 1,2 miljoen koerante by ses verskillende rolperse gedruk en na vooraf gereëlde optelpunte geneem waar duisende vrywilligers gereed gestaan het om dit uit te deel.” Die fopkoerant het verskeie blaaie gehad wat in die werklike New York Times voorkom, waaronder die internasionale, nasionale, New York-, sake-, hoofartikel- en korreksieblad. Daar was verskeie advertensies, onder meer een wat alle motors herroep wat met petrol ry. “Dit gaan daaroor dat ons moet verseker die aangewese president, sen. Barack Obama, en al die ander Demokrate doen waarvoor ons hulle verkies het,” het Suttner gesê. – DPA
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|