Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Obama maak glo plek vir Hillary Clinton
Nov 14 2008 07:15:56:470PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Charles Smith

Washington. – Sen. Barack Obama, aangewese Amerikaanse president, oorweeg sen. Hillary Rodham Clinton, sy teenstander in die Demokratiese benoemingstryd, glo as minister van buitelandse sake.

’n Bron na aan die Obama-kamp het aan ABC News gesê gesprekke oor dié moontlikheid is “baie ernstig”, al is niks amptelik erken nie.

’n Voormalige amptenaar in Clinton se kantoor het op die vraag of sy die pos sal aanvaar, geantwoord: “Ek dink so. Wat sal jy die graagste wil wees – ’n senator of minister van buitelandse sake?”

Twee bronne na aan Obama se span het ook aan CNN bevestig sy word vir die pos oorweeg.

NBC News het dit ook uit bronne na aan die Obama-kamp bevestig.

Die pos kan haar terugplaas in die kollig ná die dramatiese benoemingstryd, maar dit kan ook haar hande afkap om vir ’n moontlike wedloop vir die Withuis in 2012 of 2016 te begin werk. Clinton is opgemerk waar sy ’n vlug na Chicago gehaal het, maar dis as ’n “private besoek” beskryf.

Obama se oorgangspan wat sy administrasie saamstel, is in Chicago gesetel.

Obama en Clinton het gereeld en heftig in die benoemingstryd oor buitelandse beleid vasgesit.

Sy het Obama as naïef afgemaak omdat hy bereid is om met diktators in lande soos Iran, Kuba en Venezuela te praat.

As Clinton vir dié pos oorweeg word, beteken dit Obama is nie gelukkig met sy kortlys van sen. John Kerry, goew. Bill Richardson van Nieu-Mexiko – ’n top-diplomaat in oudpres. Bill Clinton se kabinet – en sen. Chuck Hagel, ’n Republikein, nie.

Dit kan veral ’n slag wees vir Richardson, wat in die benoemingstryd teen die Clintons gedraai het om Obama te ondersteun.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |