Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Motorreuse wankel
Nov 18 2008 10:31:55:153AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
GM, Ford en Chrysler, Detroit se wankelende drie groot motorvervaardigers, het die Amerikaanse kongres vir 'n reddingsboei van $25 miljard gesmeek.

Die Withuis en Republikeinse kongresleiers is egter hardekwas oor waar die geld vandaan moet kom.

Demokratiese kongresleiers wil van die $700 miljard reddingspakket wat vir Wall Street geoormerk is, gebruik om bykomende lenings aan die VSA se motorvervaardigers toe te staan...maar president George W. Bush en Republikeinse wetgewers wil eerder dat die vervaardigers $25 miljard se lenings wat vroeër aan hulle toegestaan is om hul vervaardigingsaanlegte nuut toe te rus vir voertuie ligter op brandstof is, gebruik om oor hul onmiddellike geldelike probleme te oorkom.

Die motorbase, gesteun deur die Demokrate, dring op hul beurt daarop aan dat hulle nog $25 miljard se noodlenings nodig het om te voorkom dat een of meer van die reuse-maatskappye voor die einde van die jaar ineenstort.

Dit sal federale lenings aan die Amerikaanse motornywerheid op $50 miljard vir die jaar te staan bring.

Die motorbase saam met die leier van die United Auto Workers’ Union, het die pleit vir meer geld Dinsdag gelewer tydens ‘n voorlegging aan die Senaatskomitee vir die bankwese.

Die versoek is gerig terwyl die geldelike toestand van die die drie grotes General Motors, Ford en Chrysler al meer benard begin raak.

GM het onder meer laat blyk dat hy sonder regeringsteun teen die einde van die jaar nie meer genoeg kontant sal hê om bedrywighede voort te sit nie.

Die Amerikaanse motorindustrie verskaf regstreeks werk aan 355,000 werkers en onregstreeks aan ‘n bykomende 4,5 miljoen. Dit sluit nie die miljoene afgetrede en afhanklikes van die werkers in wat van die motorvervaardigers afhanklik is nie.

Associated Press

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |