Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Oudpremier in pekel
oor Sarkozy-komplot
Brussel. – Mnr. Dominique de Villepin, ’n gewese premier, gaan aangekla word vir sy beweerde aandeel in ’n sameswering om pres. Nicolas Sarkozy in 2004 te kelder. De Villepin het toe as premier onder pres. Jacques Chirac gedien, met Sarkozy as minister van binnelandse sake. Die twee was in ’n intense wedloop gewikkel om as die Gaullistiese party se presidentskandidaat ter opvolging van Chirac aangewys te word. De Villepin het glo anoniem vervalste dokumente op ’n rekenaar?disket aan ’n ondersoekende magistraat gestuur met ’n lys name van mense wat geheime rekeninge by Clearstream, ’n Luxemburgse bank, sou hê. Sarkozy se naam was ook op die lys. Die lys rekeninghouers sou glo omkoopgeld vir die verkoop van ses fregatte aan Taiwan in 1991 gekry het. Die magistraat het ontdek dat die lys vals is en begin ondersoek instel na wie dit aan hom gestuur het. Op grond van sy ondersoek moet De Villepin saam met mnre. Jean-Louis Gergorin, ’n gewese senior amptenaar van die Europese vliegtuigfabrikant Eads, die rekenaarspesialis Imad Lahoud, die joernalis Denis Robert en die finansiële konsultant Florian Bourges tereg staan op aanklag van laster. Dit is nie die eerste keer dat De Villepin betrek word by pogings om Sarkozy se naam deur die modder te sleep nie. In Oktober het die nuustydskrif Le Point die dagboeke van die vorige hoof van die Franse geheime diens, mnr. Yves Bertrand, in die hande gekry, waarin hy skryf dat hy in opdrag van Chirac op Sarkozy laat spioeneer en uitgevind het dat laasgenoemde gereeld by ander vroue in die bed spring. Dit is bekend dat Chirac en De Villepin baie naby aan mekaar was en dat Chirac hom bo Sarkozy as sy opvolger verkies het. Ná sy bewindsaanvaarding as president het Sarkozy Bertrand in die pad gesteek. De Villepin kan beswaar aanteken teen die aanklag teen hom. Die enigste verweer wat die wet hom toelaat, is dat hy dit in die normale verloop van sy pligte gedoen het.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|