Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Tim du Plessis se rubriek
Nzimande spel onheil vir SA se vernielde universiteite.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Boete, al wis jy nie
Nov 20 2008 09:04:30:043PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Londen. – Britse mans wat betaal vir seks met vroue wat in prostitusie gedwing is, kan onder voorgestelde nuwe wetgewing met tot £1 000 (sowat R15 700) beboet word.

Nie net sal diegene wat prostitute “vir persoonlike gewin beheer” – onder wie sogenaamde koppelaars (pimps) – vervolg word nie, maar ook diegene wat van hul dienste gebruik maak.

Mans wat dus vir hierdie soort dienste betaal, sal verantwoordelik gehou word selfs al was hulle nie bewus die vrou is ’n seksslaaf wie se liggaam deur ander verkoop word nie.

“Ek het ’n weersin in die uitbuiting van vroue – diegene wat verhandel word en in werklikheid slawe is,” het me. Jacqui Smith, die minister van binnelandse sake, aan die BBC gesê. – Korrespondent


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |