Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Hy kon self nie volhou, bieg pastoor oor 'seksperiment'
Nov 25 2008 08:34:05:703PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Charles Smith

Washington. – Die Amerikaanse pastoor wat sy gemeente uitgedaag het tot ’n week van seks, het teenoor die lidmate gebieg dat hyself dit net ses uit die sewe dae kon regkry.

Past. Ed Young het in sy preek in die Fellowship-kerk in die Amerikaanse deelstaat Texas om die amptelike “seksperiment” af te sluit, gesê hy moet bieg, die sesde dag was hy net te moeg om sy ding te doen.

Die voorbereidings vir sy en sy vrou, Lisa, se besoek aan Brittanje en Suid-Afrika het sy tol geëis.

Hy preek eerskomende Saterdag en Sondag in die Rivers-kerk in Sandton, Gauteng.

“Gister was baie uitputtend. Ek het om 04:00 opgestaan en die kinders het mal gegaan. Ek is na die kamer om ’n uiltjie te knip. Ek en Liza het dit nog nie gedoen nie – toe raak ek aan die slaap.”

Sy vrou, wat saam die preek aangebied het, het gesê sy het ook iets om oor te bieg. Sy het alles probeer om hom wakker te maak en gesê: “Ons het ’n uitdaging om te voltooi!”

Sy antwoord was: “Liefie, ek’s te moeg. Kom ons doen dit môre twee keer.”

Die Youngs het die gemeente uitgedaag om die aantal kere wat hulle seks in hul huwelike het te verdubbel. As dit een keer per week was, moet hulle dit twee keer doen.

Hy het gesê die lidmate het in die sewe dae van seks deur die grense tussen hulle en hul mans en vrouens gebreek en nou moet dit oor prioriteite gaan. Mense moet ophou wegkruipertjie in die slaapkamer speel, het hy bygevoeg.

Die pastoor het vertel seks is die supergom wat alles in die huwelik bymekaar hou.

Dis ’n onderwerp waarvan die kerk nog altyd weggedeins het, hoewel die Bybel daarna verwys.

“Doen dit in jou huwelik, doen dit gereeld, doen dit geesdriftig. God sal jou huwelik seën,” het hy gesê.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |