Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
‘Julle is doof,’ kap Obama dié sakeleiers
Washington. – Mnr. Barack Obama, die VSA se aangewese president, het ’n skerp aanval gedoen op sakeleiers en veral bankbase wat reuse-bonusse opeis te midde van die ekonomiese krisis. Obama het in ’n onderhoud met ABC News gesê hy dink die bankbase behoort hul bonusse prys te gee en gewilliger te wees om ook soos gewone Amerikaners opofferings te maak. Hy glo ook die hoofde van die drie Amerikaanse motorvervaardigers wat met hul private stralers na die hoofstad gevlieg het om geld van die regering te vra, “is ’n bietjie doof vir wat nou in die VSA gebeur”. Obama sou gister sy derde mediakonferensie in drie dae oor die krisis toespreek en ’n raad van ekonomiese kundiges aanwys om hom raad te gee in die 50 dae tot sy inhuldiging. Die nuusdiens AP het dié stap as ’n “merkwaardige vlaag van openbare aktiwiteit” deur Obama bestempel, wat senuagtige verbruikers, markte en beleggers voor die Dankseggings-langnaweek gerus wil stel dat hy gou verligting sal bring wanneer hy president word. Obama het ook luidens berigte hier mnr. Robert Gates, die huidige minister van verdediging onder pres. George W. Bush, gevra om ná 20 Januarie vir ’n tyd aan te bly en só standvastigheid te gee in die departement wat besig is om twee oorloë te veg. Obama se eie “oorlog” is egter tans om die algehele gevoel van paniek in die land oor die ekonomiese krisis hok te slaan en hy het sy eerste houe teen die skat?ryk sakelui gemik wat weier om aan te pas. Op ’n vraag hoe hy voel oor die hoofde van General Motors, Ford en Chrysler wat met private stralers na Washington gereis het om vir ’n reddingsboei van $25 miljard (sowat R149 miljard) te vra, het hy geantwoord: “Wel, ek het gedink hulle is ’n bietjie doof vir wat nou in die VSA gebeur. En dit is ’n chroniese probleem, nie net in die motorbedryf nie.” “Ek dink dit is ’n probleem vir die hoofde van alle bedrywe. Wanneer mense bonusse van honderdmiljoene dollars in Wall Street verdien en enorme risiko’s met ander mense se geld neem, wys dit dat hulle geen perspektief het op wat met gewone Amerikaners gebeur nie.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|