Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Obama-span bekend: Hillary daar
Washington. – Dis die aanbreek van ’n nuwe begin vir die VSA se leierskorps om die uitdagings van die 21ste eeu te oorwin, het mnr. Barack Obama gesê toe hy sy nuwe veiligheidspan aangekondig het. In wat as Obama se “oorlogskabinet” bestempel is, het hy sen. Hillary Clinton, sy Demokratiese teenstander vir die Withuis, as sy minister van buitelandse sake aangewys en pres. George W. Bush se Pentagon-hoof, mnr. Robert Gates, as minister van verdediging behou. Dr. Susan Rice, assistent-sekretaris van buitelandse sake, is sy ambassadeur in die Verenigde Nasies, ’n posisie wat hy weer ’n volle kabinetspos maak. Goew. Janet Napolitano van Arizona is die minister van binnelandse veiligheid en genl. Jim Jones, oudhoof van die mariniers, sy veiligheidsadviseur. Obama het met dié aankondiging in Chicago sy eerste blik op sy buitelandse beleid ná sy verkiesing as die VSA se 44ste president gewerp toe hy gesê het die land sal sy vermoëns versterk om sy vyande te verslaan en sy vriende by te staan. Hy het gesê Clinton het ’n buitengewone intelligensie, taaiheid en ’n merkwaardige werketiek. “Sy is ’n Amerikaner van geweldige aansien, wat baie van die wêreldleiers persoonlik ken en wat respek in elke hoofstad sal afdwing.” Clinton het gesê die VSA kan nie al die krisisse in die wêreld sonder die wêreld se hulp oplos nie en die wêreld kan dit ook nie sonder die VSA doen nie. – Charles Smith
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|