Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Obama in die knyp oor ring
Washington. – Mnr. Barack Obama, aangewese Amerikaanse president, het glo ’n ring van $30 000 (sowat R309 000) vir sy vrou, Michelle, bestel wat dalk ’n Suid-Afrikaanse sprankel het. Die Harmony-ring van die Italiaanse juwelier Giovanni Bosco wat Obama glo in die oog het, is van rodium. Suid-Afrika produseer tussen 60% en 80% van die wêreld se voorraad van dié metaal. Britse koerante berig die juwelier het die opdrag gekry om die ring betyds vir Obama se inhuldiging op 20 Januarie klaar te hê, hoewel die Obama-kamp dit nie bevestig het nie. Rodium is die duurste metaal en verhandel hier teen sowat R78 000 per ons. Amerikaners is taamlik ontsteld oor die nuus en reken as dit waar is, stel hy nie juis ’n goeie voorbeeld aan die volk om die gordel te midde van die ekonomiese krisis in te trek nie. Obama, wat self meer as $4 miljoen (meer as R40 miljoen) sterk is danksy sy topverkoper-boeke, is intussen vinnig op pad om die eerste politikus te word wat ’n miljard dollar (meer as R10 miljard) kon insamel. Luidens ’n ouditverslag het hy in die laaste maand van sy veldtog vir die Withuis meer as $100 miljoen (R1 miljard) ingesamel, wat beteken hy het altesame $750 miljoen (R7,725 miljard) daarvoor ingesamel. Dit is meer as pres. George W. Bush en sen. John Kerry tesame in 2004 en amper soveel soos al die presidents- kandidate in daardie jaar ingesamel het. Sy oorgangspan is egter steeds besig om geld vir sy inhuldiging in te samel en daar word gereken hy kan die $1 miljard-merk bereik – iets wat geeneen van sy voorgangers nog kon regkry nie.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|