Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Scarlett wil 'Cosmo' hof toe vat oor ’n onderhoud wat nooit was
Dec 18 2008 09:18:34:030PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Scarlett Johansson. Foto: Heiko Junge, AP

Londen. – Die aktrise Scarlett Johansson dreig om die Britse uitgawe van Cosmopolitan te dagvaar omdat hulle ’n artikel oor ’n onderhoud met haar gepubliseer het wat glo nooit plaasgevind het nie.

Johansson pryk op die voorblad van die tydskrif se Januarie-uitgawe. In die meegaande artikel word verskeie aanhalings oor haar onlangse huwelik met die akteur Ryan Reynolds aan haar toegedig.

Die 24-jarige ster van flieks soos Lost in translation ontken egter sy het ooit ’n onderhoud met die Britse tydskrif gevoer. Haar uitgewer in Los Angeles, mnr. Marcel Pariseau, het ’n verklaring aan verskeie koerante hier uitgereik waarin hy met hofstappe dreig as die tydskrif nie die artikel terugtrek nie.

Die artikel is grotendeels op ’n onderhoud gegrond wat vroeër vanjaar in die VSA-uitgawe van Cosmopolitan verskyn het. Die aanhalings oor haar huwelik is egter later bygevoeg. Die tydskrif sê die aanhalings is by ’n Londense nuusagentskap gekoop.

“Ons het dit in goeder trou gekoop met die verstandhouding dat dit deur me. Johansson en haar uitgewer goedgekeur is.”

Die tydskrif ondersoek die kwessie. – Korrespondent


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |