Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Man breek by Paris Hilton se huis in
Los Angeles. – Daar is Vrydag by die huis van die erfgename Paris Hilton ingebreek. ’n Man, wat handskoene en ’n sweetpaktop met ’n kappie aangehad het, het die voordeur vroegoggend oopgeforseer en met van haar besittings weggekom. Hilton was volgens mnr. Richard French, woordvoerder van die Los Angeles-polisie, nie tuis nie. ’n Wag by haar veiligheidskompleks het die inbraak aangemeld. Die polisie het nie bekend gemaak wat die waarde van die gesteelde goedere is nie, maar French het gesê die inbreker het haar slaapkamer “geplunder”. Hilton (27), ’n lid van die familie wat die Hilton-hotelgroep gestig het, volg deesdae ’n loopbaan as aktrise en sangeres. – Reuters
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|