Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Kolonkanker eis VSA se Eartha Kitt
Die befaamde sanger van “Santa Baby” is op Kersdag oorlede. Die Amerikaanse kabaret-sangeres, danseres en aktrise Eartha (Mae) Kitt het op 81-jarige ouderdom weens kolonkanker gesterf. Kitt, wat onder meer bekendheid verwerf het as die “Katvrou” (Cat-woman) in die vierde reeks van die TV-reeks Batman in die 1960’s, is eergister in ’n hospitaal in New York dood, het haar vriend en publisiteitsbestuurder, mnr. Andrew Freedman, aan AP gesê. Kitt was ’n selferkende “sekskat” en was veral bekend daarvoor dat sy soos ’n kat kon spin. Kitt, wat gehore sowat ses dekades lank aan haar voete gehad het, is volgens haar amptelike webwerf (www. earthakitt.com) van die min kunstenaars wat dit reggekry het om vir ’n Tony-, Emmy- én ’n Grammy-toekenning benoem te word. Sy is in haar leeftyd drie maal vir ’n Tony, twee maal vir ’n Emmy en twee maal vir ’n Grammy benoem. Haar mees onlangse rol was as die stem van die bose karakter Yzma in Disney se animasieprent The emperor’s new groove, die opvolgfliek The emperor’s new groove II, asook ’n TV-reeks wat hieruit voortgespruit het, The emperor’s new school. Kitt is op 17 Januarie 1927 op ’n katoenplantasie in Suid-Carolina in die VSA gebore. Sy het destyds vertel dat sy verwek is toe haar ma verkrag is. Kitt het nie by haar biologiese ma grootgeword nie en het me. Anna Mae Reily, wat haar grootgemaak het, as haar ma beskou. In die 1940’s het sy haar die eerste keer op die verhoog bevind as ’n danser in die Franse Katherine Dunham-dansgeselskap. Dit is ook as lid van dié geselskap dat sy in 1948 haar fliekdebuut in Casbah gemaak het. Onder Kitt se bekendste liedjies was “I want to be evil”, “Mink, schmink,” “Under the bridges of Paris,” “Champagne taste” en “Santa baby.” Kitt was saam met onder andere Nat King Cole en Sydney Poitier in onderskeidelik die films St Louis Blues en The mark of the hawk te sien. In 1960 is Kitt in die VSA geswartlys nadat sy haar gedurende ’n middagete-afspraak by die Withuis teen die oorlog in Viëtnam uitgespreek het. Nadat sy verneem het dat die Amerikaanse geheime diens (CIA) en die federale speurdiens (FBI) ’n ondersoek na haar begin het, het sy die VSA verlaat en ’n paar jaar in onder meer Hongkong en Bangkok in Thailand gaan werk. Sy het ook destyds in Suid-Afrika opspraak gemaak toe sy in 1974 in apartheid-Suid-Afrika haar tydens haar toer in dié land in die openbaar teen apartheid uitgelaat het. – Bronne: earthakitt.com, AP, bbc.co.uk, wikipedia.org, imdb.com
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|