Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Ghana-verkiesing 'stel 'n voorbeeld'
Jan 04 2009 09:13:01:643PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. John Atta Mills

Akkra. – Ghana se vreedsame presidentsverkiesing is ’n voorbeeld vir die res van die vasteland, het Afrika-leiers gister gesê.

Die verkiesing het heelwat aandag getrek nadat ’n jaar van politieke krisisse die beeld van Afrika-demokrasie skade berokken het.

Die opposisie-kandidaat mnr. John Atta Mills het eergister met ’n naelskraapse oorwinning as wenner uit die stryd getree.

“John Atta Mills se oorwinning en die gedrag van die Ghanese kiesers bied ’n uitsonderlike voorbeeld van demokrasie in aksie in Afrika,” het mnr. Raila Odinga, Kenia se premier, gesê.

Hoewel daar berigte van geweld was, bestempel interna?sionale waarnemers die verkiesing as oorwegend vreedsaam.

In die res van Afrika het die prentjie in 2008 minder vreedsaam gelyk.

Meer as 1 000 mense is in geweld ná Kenia se verkiesing dood.

In Zimbabwe heers ’n dooie punt tussen pres. Robert Mugabe en mnr. Morgan Tsvangirai al maande lank ná ’n betwiste verkiesing.

Mauritanië se eerste demokraties verkose leier is in Augustus in ’n militêre staatsgreep omver gewerp.

In Guinee het weermagoffisiere die mag oorgeneem ná pres. Lansana Conté se dood in Desember. – Reuters


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |