Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Babbelas? Drink net water en jou liggaam ontgif homself
Jan 05 2009 09:19:08:443PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Anesca Smith

Londen – ’n Babbelas van oordadige inname oor die feestyd?

Drink ’n glas water, gaan kruip vanaand vroeg in en laat staan die ontgiftingsprodukte, sê wetenskaplikes.

“Elke Januarie dink die leefstylsektor aan nóg meer produkte wat ontwerp is om ons liggame te reinig, te ontgif en te herstel,” lui ’n verklaring van die Britse wetenskaptrust Sense About Science. “Ons boodskap is: Bespaar jouself geld: Drink ’n glas water, eet ’n kalkoenslaai en gaan slaap vroeg.”

Volgens wetenskaplikes verbonde aan dié trust het die liggaam sy eie ontgiftingsmeganismes.

“Die dermkanaal verhinder dat talle bakterieë en ander gifstowwe in die liggaam kom. Wanneer skadelike chemiese stowwe wel binnedring, werk die lewer soos ’n chemiese fabriek – gewoonlik kombineer dit hierdie stowwe met sy eie chemikalieë om ’n oplosbare verbinding te vorm wat dan deur die niere uitgewerp word. Die liggaam word deur gewone kraanwater gerehidreer en deur ’n goeie nag se slaap verfris.”

’n Organisasie verbonde aan dié trust, Voice of Young Science, het volgens Sapa in nog ’n verslag gesê daar is klaarblyklik nie een maatskappy wat dieselfde definisie van “ontgifting” het nie.

Hulle het bevind dié woord word geheg aan enigiets “van voetplakkers tot haarmiddels”, maar sonder betroubare verduidelikings oor wat die ontgiftingsproses presies behels.

Die jong wetenskaplikes van dié organisasie voer aan behalwe in die konteks van kliniese of dwelmbehandeling, het die woord geen betekenis nie.

Volgens een van die navorsers, dr. Josh Hoskins van die Royal Society of Chemistry, is ’n mens se beursie al wat “gewig gaan verloor” op ’n ontgiftingsdieet.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |