Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Bietjie alkohol straks goed vir Alzheimer
Jan 05 2009 09:19:07:630PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Jeanne-Marié Versluis

’n Bietjie alkohol kan moontlik die breinselle fikser maak en só die risiko vir Alzheimersiekte verlaag.

Die Loyola-universiteit se mediese skool in Chicago het gesê die matige inname van alkohol kan die risiko’s op Alzheimersiekte en kognitiewe aftakeling verminder. Hierteenoor kan alkoholmisbruik die brein beskadig, het die navorsers bevind.

Die navorsers, wat 44 studies hersien het, het bevind matige drinkers het dikwels ’n laer risiko op Alzheimersiekte en kognitiewe verlies.

In meer as die helfte van dié navorsingstudies, wat sedert die 1990’s gepubliseer is, het die matige drinkers van wyn, bier en hardehout ’n laer risiko op swaksinnigheid gehad.

Net ’n paar studies het op verhoogde risiko’s gedui.

Prof. Michael Collins, neurowetenskaplike aan die universiteit en hoofskrywer van dié studie, sê alkohol is ’n tweesnydende swaard. Te veel is sleg, maar ’n bietjie kan eintlik help.

Die studie word in Februarie in die joernaal Alcoholism: clinical and experimental research gepubliseer.

Matige drankgebruik beteken oor die algemeen een drankie of minder per dag vir vroue en een tot twee drankies of minder per dag vir mans.

Die patologiese skade en reusagtige maatskaplike verwoesting wat uit alkoholverslawing en -misbruik spruit, is alombekend. Dít moet steeds die primêre aandag van dokters, wetenskaplikes en gesondheidspraktisyns kry, het die navorsers bevind.

Die ligte tot matige gebruik van drank hou blykbaar sekere gesondheidsvoordele in, maar langtermyn-drankmisbruik kan geheueverlies veroorsaak en kognitiewe funksie inperk.

Dit is egter onbekend hoekom matige drankgebruik die teenoorgestelde uitwerking het.

Een teorie is dat die bekende kardiovaskulêre voordele van matige alkoholgebruik óók die risiko van mini-beroertes, wat swaksinnigheid veroorsaak, kan verlaag.

Die Loyola-navorsers stel ’n tweede moontlike verklaring voor: Klein hoeveelhede alkohol mag die breinselle dalk fikser maak. Matige alkoholgebruik plaas selle onder stres en maak hulle dus taai sodat hulle later groot stres, wat swaksinnigheid kan veroorsaak, kan hanteer.

Daar is waarskynlik geen rede dat die meeste mense wat matig drink, daarvan moet afsien nie. Mense moet egter nooit tydens swangerskap drink of voordat hulle motor bestuur nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |