Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Gasa-dodetal styg tot minstens 530
Gasa. – Israelse tenks, vegvliegtuie en grondtroepe het gister hewige aanvalle op dié stad gedoen en die Israelse minister van verdediging het gesê die aanval op Hamas-militante in die Palestynse enklave sal voortgaan totdat Israel veilig is. Internasionale pogings om ’n skietstaking te bewerkstellig het voortgeduur en pres. Nicolas Sarkozy van Frank?ryk en mnr. Tony Blair, spesiale Midde-Oosterse gesant, het die streek besoek, maar kon net woorde bied. Die dodetal in die beleërde stad het gister tot minstens 530 gestyg, wat drie Palestynse kinders en hul ma insluit. Hulle is dood toe ’n tenkgranaat hul huis in Gasastad getref het. Volgens die Israelse leër is “tientalle” Islamitiese vegters dood sedert grondtroepe Saterdag die gebied in is om die afvuur van Hamas-vuurpyle na Israel stop te sit. “Hamas is baie swaar deur ons grondtroepe getref, maar ons moet nog ons doelwit bereik en dus duur die operasie voort,” het mnr. Ehud Barak, Israelse minister van verdediging, gesê. ’n Hamas-amptenaar het gesê ’n afvaardiging van dié groep sal onderhandelinge in Egipte – wat begin het met kontakte om ’n skietstaking te bewerkstellig – gaan bywoon, maar mnr. Mahmoed Zahar, senior politieke leier van Hamas, het Hamas-magte aangemoedig om te bly veg “in die naam van God. Toe hulle ons moskees gebombardeer het, het hulle die vernietiging van hul sinagoges gemagtig.” Skietgevegte het gister vererger in die ooste van Gasa-stad en in die noorde van die Gasastrook. ’n Israelse militêre woordvoerder het gesê dat die lugmag altesame 30 teikens gebombardeer het. Israel het die aanval op 27 Desember verlede jaar met ’n blits-lugaanval op Gasa begin. – Reuters
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|