Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Obama se probleme begin al voor hy in Withuis is
Jan 05 2009 09:51:18:717PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Barack Obama tydens 'n mediakonferensie sowat 'n maand gelede. Foto: AP
Leopold Scholtz

Brussel. – Selfs nog voordat hy sy koffer in die Withuis kon uitpak, lyk dit of mnr. Barack Obama, aangewese Amerikaanse president, probleme het.

Obama het gister in een van die voorste hotels in Washington, The Hay-Adams, net ’n klipgooi van sy toekomstige tuiste, ingetrek.

Sy vrou en kinders het hulle al Saterdag daar tuisgemaak, en die kinders is gister vir die eerste keer na hul nuwe skool.

Maar vir Obama was daar net slegte nuus.

Die man wat hy as sy minister van handel uitgekies het, goew. Bill Richardson van Nieu-Mexiko, moes kop uittrek weens ’n federale ondersoek na geld wat ’n maatskappy vir sy verkiesingsveldtog vyf jaar gelede geskenk het – ’n maatskappy wat daarna ’n staatskontrak ter waarde van $1,4 miljoen van Nieu-Mexiko gekry het.

Richardson word as besonder bekwaam beskou en hy sou sonder twyfel ’n aanwins vir die Obama-kabinet gewees het.

Die euforie oor Obama se verkiesing het ook om ’n ander rede begin taan: die ondersoek na bewerings dat mnr. Rod Balgojevich, die goewerneur van Illinois, Obama se tuisstaat, Obama se senaatsetel wou verkoop.

Niemand beweer dat Obama daarby betrokke was nie, maar dat hy Richardson as minister benoem het nadat die ondersoek na sy verkiesingsgeld bekend geword het, is onmiddellik deur kritici aangegryp om die wysheid van sy besluite te bevraagteken.

’n Derde probleem vir Obama is sy stilswye oor die gevegte in die Gasastrook.

Die Obama-kamp verdedig sy leier se stilswye met die argument dat daar slegs één Amerikaanse president is wat hom oor die land se buitelandse beleid kan uitspreek en tot 20 Januarie is daardie president se naam George W. Bush.

En Bush hét hom duidelik ten gunste van Israel uitgespreek. Obama wou hom nie eintlik oor al dié sake uitlaat nie.

Hy het wel sy spyt oor die Richardson-saak uitgespreek en laat blyk dat hy hom vorentoe opnuut vir ’n regeringspos sal oorweeg indien Richardson vrygespreek word.

Tradisioneel kan ’n nuwe president op ’n “wittebrood” van 100 dae reken voordat hy ernstig gekritiseer word.

Die huidige kritiek is weliswaar ’n onderlangse gebrom, maar dit het reeds begin.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |