Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Bos glo verloof aan PW-kleindogter
Kaapstad. - Die Belgiese sanger Stef Bos het reeds die harte van duisende Suid-Afrikaners gewen met sy unieke sang - en nou klaarblyklik ook die hart van 'n kleindogter van oudstaatspresident P.W. Botha. Dit blyk dat Bos en die plaaslike kunstenaar Varenka Paschke onlangs verloof geraak het. Paschke was onder meer as private onderwyser behulpsaam met die totstandkoming van oudpres. Nelson Mandela se Robbeneiland-reeks. Om dié nuus bevestig te kry by hul familie, kunstenaarsvriende of kennisse is egter soos om na die spreekwoordelike naald in 'n hooimied te soek. 'n Familielid van Paschke wou niks bevestig nie en het gesê sy sal hulle eers vra of hulle daaroor met die media wil praat. Niemand wou 'n moontlike troue of troudatum bevestig nie. 'n Verteenwoordiger van Bos het op 'n e-pos-navraag geantwoord Bos praat net met die media wanneer daar vrae gestel word oor wat hy skryf en sing.
"Sy privaatheid word hier in die Lae Lande nogal gerespekteer," was die antwoord.
Die sanger en Paschke het ook saamgewerk aan die boek Stil?lewe.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|