Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Angola sluit DRK-grens weens Ebola
Jan 06 2009 08:44:08:200PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Angola het sy grens met die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) gesluit om die verspreiding van die dodelike Ebola-virus uit die Kongo te keer, het Sapa-AFP gister berig.

Minstens 12 mense is in die DRK dood sedert Ebola in November daar uitgebreek het, uit ’n totaal van 36 vermeende infeksies wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) geïdentifiseer is.

Die WGO het verlede week gesê 184 mense in die DRK het vermoedelik kontak met Ebola-lyers gehad en dié gevalle is deur gesondheidsowerhede daar opgevolg. Volgens die Kongolese owerheid staan die dodetal in die DRK sedert November op 9. Angola het die gevaarligte sien flikker en gister amptenare in dorpe naby sy noordoostelike grens met die DRK op verhoogde gereedheidsgrondslag geplaas om Ebola-gevalle vroeg te diag- noseer en te behandel, het mnr. Jose van Dunem, die minister van gesondheid, aan die Angolese nuusagentskap Angop gesê.– Media24-Afrika-kantoor


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |