Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Britte is glo lugtig om vir kroos van Rooikappie te lees
Jan 06 2009 08:44:07:557PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Anesca Smith

Londen. – Die Britte vind sprokies soos dié oor Rooikappie, Sneeuwitjie en Aspoestertjie te skrikwekkend om vir hul kinders te lees.

Meer as 3 000 ouers het in ’n opname gesê hulle verkies ligter slaaptydstories.

Sneeuwitjie se verhaal word as die ergste beskou, nie net oor die heks nie, maar omdat dit glo politiek nie korrek is om na klein mensies as “dwerge” te verwys nie. Een uit tien mense het voorgestel die storie word na “Sneeuwitjie en die vertikaal gestremde persone” herdoop.

’n Derde van die hedendaagse ouers slaan Rooikappie oor omdat sy “alleen deur die woud stap en dan uitvind haar ouma is deur ’n wolf opgevreet”.

Raponsie (Rapunzel) word as “te donker” beskou en Aspoestertjie onvanpas omdat sy gedwing word om huiswerk te doen. ’n Vyfde van die ouers hou ook nie van Die gemmerbroodmannetjie nie omdat ’n jakkals hom opvreet. Hulle blaai verby Hansie en Grietjie omdat die twee se ouers hulle in die steek laat en alleen in die bos los.

Die opname is deur TheBabyWebsite.com gedoen, wat meen dis ’n groot jammerte moderne ouers is so politiek korrek dat hulle sprokiesverhale wat kinders al honderde jare vermaak, uitgestem het.

“Kinders hou daarvan om ’n verskeidenheid stories te hoor. Hulle wil na veraf lande meegevoer word waar hulle hul eie verbeelding kan gebruik en waar die goeie oor die slegte triomfeer,” het ’n woordvoerder van die webwerf gesê.

Altesame 17% van ouers is bang dié klassieke stories gaan hul kinders nagmerries gee.

Gouelokkies en die drie bere haal darem nog die paal.

10 ongewildste sprokies

  • Sneeuwitjie en die sewe dwerge

  • Hansie en Grietjie

  • Aspoestertjie

  • Rooikappie

  • Die gemmerbroodmannetjie

  • Jan en die boontjierank

  • Die slapende skone

  • Skoonlief en die ondier

  • Gouelokkies en die drie bere

  • Die keiser se nuwe klere

    Bron: thebabywebsite.com

    Gewildste kinderstories

  • The very hungry caterpillar– Eric Carle

    p>
  • Die Mr Men-boekreeks – Roger Hargreaves

    p>
  • The gruffalo – Julia Donaldson

    p>
  • Die Winnie the Pooh-storiereeks – A.A. Milne

    p>
  • Aliens love underpants – Claire Freedman en Ben Cort

    p>
  • Thomas and friends uit die boekreeks The railway series – Eerw. W. Awdry

    p>
  • The wind in the willows – Kenneth Grahame

    p>
  • What a noisy pinky ponk! – Andrew Davenport

    p>
  • Charlie and Lola – Lauren Child

    p>
  • Goldilocks and the three bears – Robert Southey


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |