Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

2 Palestynse skole deur Israel gebombardeer
Jan 06 2009 08:44:06:090PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
'n Gewonde Palestynse burgerlike word vanaf een van die skole wat deur Israel gebombardeer is, gedra. Foto: Reuters

Gasa. – Israel het gister twee Palestynse skole met bomme bestook en die dodetal van burgerlikes tot 75 vir die dag laat styg.

Minstens 42 Palestyne is by ’n skool in dié geweldgeteisterde gebied dood toe twee mortiere buite die skool ontplof het.

Burgerlikes het in die skool geskuil toe die twee tenks buite die gebou die mortiere gevuur het.

Mediese personeel het vertel hoe die lyke in plasse bloed oor die skoolterrein en in die strate versprei gelê het.

’n Woordvoerder van die Israelse weermag het gisteraand gesê hulle ondersoek nog die voorval by die al-Fakhora-skool in die Jabalya-vlugtelingkamp.

Vroeër gister is nog ’n skool aangeval.

Drie mense is dood toe ’n skool van die Verenigde Nasies in dié gebied vanuit die lug aangeval is.

Mediese personeel het gesê vier militante is gister in die konflik dood.

Die Palestynse dodetal sedert Israel op 19 Desember met aanvalle begin het, word nou op 629 geraam.

Meer as 2 700 Palestyne is ook in die konflik gewond.

Israel se amptelike rede vir die aanvalle is om die Hamas- militante groep se vuurpylaanvalle op sy suidelike dorpe te stop, maar die aanvalle ontlok by die dag al hoe meer internasionale kritiek.

Nege Israelse burgers, van wie drie met vuurpyle aangeval is, is reeds in die konflik dood.

Minstens vyf vuurpyle wat van die Gasastrook afgevuur is, het Israel gister getref. Een van dié vuurpyle het die dorp Gadera naby Tel Aviv getref. ’n Meisietjie (3) is gewond.

Verskeie internasionale ini-siatiewe om ’n skietstilstand te bewerkstellig, is reeds onderweg.

“Dis ’n maak-of-breek-saak,” het mnr. Mark Regev, woordvoerder van mnr. Ehud Olmert, die Israeliese eerste minister, gesê.

Israel se grootste belang is om te verseker dat die Islamitiese Hamas nie wapens kan bekom nadat ’n skietstilstand onderteken is nie.

Mnr. Nicolas Sarkozy, Frank- ryk se president, is ook besig met ’n “ernstige inisiatief” om ’n skietstilstand te probeer bewerkstellig.

Mnr. Tony Blair, spesiale Midde-Oosterse gesant, Sarkozy, die Europese Unie en die VSA het almal tydens die onderhandelinge saamgestem dat nuwe meganismes om die smokkelary van wapens na die Gasastrook hok te slaan eers ingestel moet word om ’n volhoubare skietstilstand te verseker. Die voormalige Britse eerste minister het gesê hy hoop oplossings kan vinnig gevind word.

Sarkozy het vroeër ook met Israeliese en Palestynse leiers in Damaskus, Sirië, beraadslaag. – Reuters

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |