Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

ANC veroordeel Gasa-aanvalle as ’n ‘slagting van onskuldige mense’ en vra hulp
Jan 06 2009 08:46:31:070PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Die ANC het hom gister by die Palestyne geskaar deur die Israelse aanvalle op Gasa as “ ’n slagting van onskuldige mense” te beskryf.

Mnr. Gwede Mantashe, ANC-sekretaris-generaal, het ná ’n vergadering met die Palestynse ambassadeur, mnr. Ali Halima, in Luthuli-huis gevra Suid-Afrikaners moet onder meer medisyne, kos, komberse en kragopwekkers aan die mense van Gasa stuur.

Halima het Israel se aanvalle as “oorlogsmisdade” beskryf omdat dié “onmenslike” aanvalle nie net teen Hamas gerig is nie, maar ook onskuldige burgers beseer.

Hy het gesê die Palestyne is dankbaar vir die politieke ondersteuning wat hulle van die ANC en die Suid-Afrikaanse regering ontvang.

Halima het ook gesê Hamas en Fatah, die twee grootste Palestynse partye wat mekaar vyandiggesind is, het hul verskille vir tyd en wyl laat vaar om teen die Israeli’s saam te staan.

Intussen het die SAKP die “volksmoordaanvalle” van Is-rael op Gasa ook ten sterkste afgekeur. – Carien du Plessis


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |