Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Asteroïde mis aarde rakelings
Hierdie ruimte-rots is tussen 220 en 490 meter lank en was naastenby 600 000 kilometer van die aarde af weg. Alhoewel daar geen gevaar van 'n botsing was nie, was dit wel 'n haarbreedte in kosmiese terme, het die kenners gesê. "So 'n voorwerp sal letterlik 'n land van medium-grootte kan uitwis en sal sodoende tot die wegsmelting van wêreldekonomie kan lei," het Benny Peiser, 'n kenner op die gebied van asteroïdes by die Liverpool John Moores Universiteit, gesê. Hierdie asteroïde (2001 YB5) is deur Near-Earth Asteroid Tracking (NEAT) gekategoriseer as 'n "potensiële gevaarlike" asteroïde. Alhoewel dit in hierdie stadium geen gevaar inhou vir die aarde nie, kan die situasie in die toekoms teoreties verander sodra die gravitasiekrag van 'n nabygeleë planeet 'n afwyking in die wentelbaan van die asteroïde veroorsaak. - Sapa AFP
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|