Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Groot boetes vir klappers sonder permit
Mense wat die munisipale regulasies oor vuurwerk verontagsaam, kan hul op Guy Fawkes-dag op 5 November dalk in die lang arm van die gereg vasloop. Só waarsku raadslid Tim Sargeant, omgewingswoordvoerder van die Johannesburgse metroraad. “Alle inwoners moet betyds kennis neem. Soos met alle munisipale regulasies gaan die metropolisie baie streng optree en kan oortreders groot boetes verwag.” Mense wat dié geleentheid met ’n geknal wil vier, moet weet wat die munisipale regulasies vereis. “Daar is slegs 11 dae waarop inwoners dit wettig mag doen, mits hulle betyds aansoek doen om vuurwerk te skiet.” Volgens hom moet mense 14 dae voor die geleentheid by die metroraad aansoek doen om vuurwerk te skiet. “Inwoners moet seker maak wat die regulasies alles bepaal en wie teenwoordig moet wees. Onkunde is geen verskoning nie.” As mense op dié dae soos Guy Fawkes op ander tye behalwe die vasgestelde tye tussen 19:00 en 22:00 vuurwerk skiet, kan hul ’n boete van R500 verwag. Tim sê die munisipale regulasies verbied vuurwerk naby skole, ouetehuise, openbare plekke, hospitale, in geboue of binne 500 m vanaf ’n brandstofdepot, vulstasie of fabriek waar plofstowwe vervaardig of gestoor word. Mense wat dit op dié plekke skiet, kan met R1 500 beboet word. Mense wat vuurwerk gebruik waar diere of minderjarige kinders sonder toesig teenwoordig is, kan ’n boete van R1 000 verwag. Mense in woongebiede mag op 31 Desember tussen 23:00 en 01:00 en op 1 Januarie tussen 19:00 en 22:00 vuurwerk skiet. Christine Kuch, die woordvoerder van die Dierebeskermingsvereniging, sê die regulasies help wel jaarliks om troeteldiere te beskerm, maar eienaars moet steeds verantwoordelikheid vir hul diere se veiligheid aanvaar. Sy waarsku inwoners om nie vir hul diere medikasie te gee wat vir mense bedoel is nie. “Dit mag dalk werk, maar dit kan baie slegte gevolge inhou. Neem jou diere eerder na ’n veearts toe.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|