Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Leë krane teister buurte
Gee ons water! Dit is die noodkreet van inwoners van Cresta en Windsor wat die laaste tyd vir dae sonder water moes klaarkom toe ’n hoofwaterpyp wat dié gebied van water voorsien, gebars het. Die verkeer is erg ontwrig op die hoek van Judgeslaan en Republiekweg in Windsor naby die Cresta-winkelsentrum. Rdl. Laurette van Zijl sê haar telefoon het onophoudelik gelui met ontevrede inwoners wat wou weet wat aangaan. “Johannesburg Water (JW) het dieselfde aand die watertoevoer na die pyp en die gebied gestop om die gat, wat sowat 3 m diep en 6 m breed is, reg te maak. “Teen 12:00 die Donderdagoggend was die span steeds aan die werk om die pyp te herstel, maar die gebied het steeds nie water gehad nie. “Inwoners is nie net ongelukkig omdat hulle geen water gehad het nie, maar omdat daar geen aanduiding gegee is van wanneer die watertoevoer na die gebied herstel sou word nie.” Laurette sê sommige inwoners in woonbuurte soos Linden Uitbr., Cresta, Windsor en Fairland gaan ook gebuk onder swak waterdruk. “Die voorval word beskou as die oortjies van die seekoei van ’n verouderde infrastruktuur wat nie in stand gehou en opgegradeer word nie. “Net nadat die probleem met die stukkende pyp opgelos is, het nog ’n pyp ’n ent verder gekraak en was inwoners weer waterloos.” Chris Bester, inwoner van Linden Uitbr., sê dié waterprobleem bestaan nie sedert “gister” nie. “Die verouderde infrastruktuur veroorsaak reeds die laaste paar jaar voortdurend probleme. “Soms word ’n probleem nie die eerste keer deur kundiges herstel nie. Groot hoeveelhede water stroom dan vir ure in Mainstraat af. “Soms word dié probleem eers met ’n derde span werkers herstel. “Indien Johannesburg ’n stad van wêreldgehalte wil wees, gaan die metroraad indringend na dié probleem moet kyk,” sê Chris. Tebatso Matsimela, woordvoerder van JW, sê hulle vra inwoners om geduldig te wees in dié woonbuurte. “Ons is reeds besig met sommige woonbuurte se noodsaaklike wateropgraderingswerk.” ) Vir inligting oor watter gebiede wanneer geraak gaan word, skakel JW se 24 uur-per-dag-hulplyn by 0 011 688 1500.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|