Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 18°C - 31°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Boek lewer belangrike bydrae tot diversiteit
Sep 11 2006 08:29:39:280AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

The new suffolk hymbook, Ben Oswest, Jacana, R135.

Bestel hierdie boek deur kalahari.net deur hier te kliek

BEN OSWEST se eerste roman, The New Suffolk Hymnbook, het vir my twee raakpunte met David Lynch se rolprent Lost Highway. Ek het albei terdeë geniet en nie een werklik verstaan nie.

Ek lees alles wat ek in die hande kan kry oor Ben Oswest en sy onverstaanbare boek om ’n mate van klarigheid te verkry. Volgens die inligting op die boek se omslag is hy in 1973 in Amerika gebore en het hy opvoeding daar sowel as hier in Suid-Afrika ontvang. Hy woon in Kaapstad. Sy belangstellings sluit “eksperimentele fotografie, revolusionêres en die wurm van nasionaliteit in die literatuur” in.

Ek besoek sy blog op die internet. Oswest se geesdrif vir fotografie is deeglik op die web gedokumenteer. Daar is onder meer ’n hele klomp foto’s wat op die onlangse boekfees in Kaapstad geneem is, waartydens The New Suffolk Hymnbook ook bekend gestel is. Oswest, ander outeurs en uitgewers glimlag vriendelik dog niksseggend vir my.

Vooraanstaande skrywers soos J.M. Coetzee en Ingrid de Kock se mening oor Oswest se roman is ook op die blog beskikbaar. Tot my verligting bieg Ingrid de Kock ook dat sy nie noodwendig alles verstaan het nie. Die outeur self het egter geen leidrade gelos nie. Ek en die roman sal dit alleen moet uitwoed.

Die verhaal speel in die fiktiewe omgewing van Suffolk af. Daar is geen sprake van ’n tradisionele storie met begin, middel en einde in Oswest se verbeeldingryke werk nie. In die eerste agt hoofstukke word fragmente van verskeie karakters se lewens aan die leser onthul: ’n Professor bied ’n dramatiese finale lesing aan terwyl sy lewe in duie stort; ’n jong, dinamiese sakeman het ’n afspraak met die verlede waarin die waarde van die hede opgesluit is; ’n onderwyseres besin oor die breekbaarheid van die nuwe lewe wat sy vir haarself opgebou het; ’n man met ’n passie vir die stad het vreesaanjaende geheime.

’n Jong seun, Secondo, is die enigste karakter waaraan meer as een hoofstuk gewy word. In hierdie hoofstukke smelt gesprekke, mymeringe en herinneringe van Secondo en die ander karakters met wie hy in aanraking kom, saam.

Die oordrewe wyse waarop hierdie tegniek toegepas word, kan lesers moontlik aanvanklik van die vertelling en karakters vervreem. Tog slaag die tegniek eindelik volkome deurdat dit sterk, treffende beelde skep van ’n gefragmenteerde samelewing waarin individue desperaat hunker na ’n eie identiteit en tuiste. Hierdie tema word deurlopend in al die hoofstukke – ook in die laaste nadenkende slothoofstuk – aangeraak.

Hoewel die hoofstukke deur die Secondo-karakter in roman-formaat saamgebind word, kan elkeen ook in eie reg as kragtige kortverhale gelees word.

Hoe gerieflik sal dit nie wees om The New Suffolk Hymnbook netjies op die postmodernistiese rak te bêre en te vergeet nie. ’n Eerste roman deur ’n toonaangewende, uitmuntende outeur maak egter aanspraak op welverdiende aandag en bepeinsing. Met sy elegante sinne en bekwame styl het Ben Oswest ’n belangrike bydrae tot die diversiteit van ons plaaslike skrywerskatkis gelewer.

Bestel hierdie boek deur kalahari.net deur hier te kliek

  • Lydia du Plessis, vryskutresensent

    Teken in op Volksblad


  • Vind
    Reis en Verblyf
    Werksgeleenthede
    Top Afrikaanse Boeke
    Kom ons Kliek
    ons beveel aan

    ‘Moonshot’ bied deeglike ’n verslag van maanlanding
    Die eerste maanlanding 40 jaar gelede op 20 Julie 1969 is die afgelope weke wyd en syd herleef. Diegene wat in dié giant leap for mankind (ruimtevaarder Neil Armstrong se legendariese woorde) belang stel, het dit waarskynlik tree vir tree op spesialis-TV-kanale gevolg. As dit steeds nie genoeg is nie, skaf Moonshot aan.

    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende


    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer