Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 14°C - 25°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Riller laat my nog vra
Feb 09 2009 02:36:27:593PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

SWITCH

Grant McKenzie

Random House Struik, R140

Resensent: Lientjie Mentz - redakteur van promosies en Huis en Tuin, Volksblad

Vir ’n debuutroman is Switch glad nie te versmaai nie.

Dit is ’n goed deurdagte spanningsverhaal wat geen los drade los soos sommige van die gesoute skrywers soms die wêreld vol laat lê nie.

Hier het ons vir ’n verandering te doen met ’n skurk en met ’n motief wat direk verband hou met die arme slagoffers.

Wie en wat die skurk is, word ook nie sommer hier aan die begin duidelik nie, maar die leser moet saam met die hoofkarakter al dieper delf.

Sam White, ’n sekuriteitwag wat nagdiens in ’n winkelsentrum doen, is ’n akteur wat nooit sy drome verwesenlik het nie.

In wese is hy ’n goeie ou wat net die beste vir sy vrou en dogter wil hê.

As hy een oggend vroeg ná werk huis toe gaan, verander sy lewe in ’n ommesientjie as sy huis in puin lê en sy gesin se lyke in ’n ambulans gelaai word.

Kort daarna kry hy egter ’n oproep van ’n man wat beweer dat sy vrou en dogter nog leef en dan begin die boosdoener sy vingers klap.

Sam moet allerlei opdragte uitvoer om sy gesin se lewe te red.

Sy paaie kruis met dié van Zack Parker wat ook deurgeloop het onder die sadistiese ontvoerder se eise.

Die vraag wat McKenzie telkens hier na vore bring, is hoeveel ’n mens sal doen om sy geliefdes se lewe te red?

En as hulle die opdrag uitvoer, sal dit regtig hul geliefdes red, want daar is geen waarborge dat die boosdoener sy beloftes sal nakom nie . . .

Die interessante geskiedenis van Portland in Oregon (Amerika) se geheimsinnige tonnels kom ook so stuk-stuk aan die lig.

Die Portland Underground of Shanghai-tonnels is werklik gebruik om mense te ontvoer en as slawe-arbeiders aan skeepskapteins te verkoop. ’n Man sou iewers onskuldig ’n drankie in ’n kroeg drink en is dan bedwelm en deur ’n valdeur deur die tonnels ingesluk. Hier is hy saam met ander gehou tot net voordat die skepe vertrek en is dan aan boord gesmokkel om eers talle seemyle verder wakker te word. Dit het sommige van hierdie ontvoerdes tot twee jaar geneem om weer huis toe te kom.

En dit is in hierdie donker onderwêreld waar Sam en Zack voortbeur om betyds hul geliefdes te red.

McKenzie het so iets van Dean Koontz se wantroue in die regering en die gereg en die polisiemanne wat die saak ondersoek, word uitgebeeld as twee verwaande manne vir wie jy net heeltyd wil oorreed dat Sam die goeie ou is!

Lees gerus Switch om al die raaisels saam met Sam White te ontrafel.

Ek sal uitkyk vir Mckenzie se tweede boek.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
ons beveel aan

‘Moonshot’ bied deeglike ’n verslag van maanlanding
Die eerste maanlanding 40 jaar gelede op 20 Julie 1969 is die afgelope weke wyd en syd herleef. Diegene wat in dié giant leap for mankind (ruimtevaarder Neil Armstrong se legendariese woorde) belang stel, het dit waarskynlik tree vir tree op spesialis-TV-kanale gevolg. As dit steeds nie genoeg is nie, skaf Moonshot aan.

Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer