Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 3°C - 18°C> |
|
Groot gesprek oor Karoo kom
Open Spaces, Dynamic Places, die eerste Karoo-konferensie op interprovinsiale vlak sal tussen 25 en 27 Maart aanstaande jaar op Graaff-Reinet plaasvind. Dit is die eerste keer dat die ganse Karoo só bemark sal word. Dié uitgebreide streek sluit die Karoo-dele van die Noord-Kaap, Suid-Vrystaat, Wes-Kaap en Oos-Kaap in. Dit dek dus ’n groot deel van die hartland van Suid-Afrika en strek tot by Namakwaland en die Kalahari. Volgens prof. Doreen Atkinson, die koördineerder, is die doel daarvan om “nuwe aspekte van ontwikkeling in die Karoo te bespreek. Terselfdertyd sal entrepreneurs en organisasies hul produkte en dienste ten toon kan stel.” Onder die sprekers tel me. Patricia de Lille, leier van die Onafhanklike Demokrate en “dogter van Beaufort-Wes”, dr. Danny Titus, uitvoerende direkteur: kultuur van die ATKV, en dr. Sue Milton, ’n kenner van die Karoo se ekologie. Die Sentrum vir Ontwikkelingsteun aan die Universiteit van die Vrystaat, werk saam met ander betokkenes om die konferensie en handelsfees aan te bied op Graaff-Reinet wat alombekend staan as die Juweel van die Karoo. Sowat 60 uitstallers en 250 konferensiegangers word verwag. ’n Verskeidenheid Karoo-verwante onderwerpe sal bespreek word. Hieronder tel die bewaring van die natuurlike omgewing as ’n hulpbron vir dié streek se sakesektor, stedelike en landelike toerisme en die ontsluiting van ekonomiese hulpbronne waaronder kultuur- en fossiel-erfenisse. Ook sal daar geput word uit navorsing oor die ekonomiese ontwikkeling van droë gebiede elders ter wêreld. Daar word gehoop dat die konferensie en handelsfees die belangstelling sal wek van akademici en sakelui tot toerisme- en kultuurorganisasies. Verskeie ontwikkelingsdoelwitte sal nagestreef word waaronder steun vir ontluikende entrepreneurs, die skepping van ’n databasis van Karoo-ondernemings en die ontginning van nuwe markte. “In ’n neutedop is dit ’n gulde geleentheid om die ekonomiese potensiaal van die Karoo bekend te stel,” meen Atkinson. Vir meer besonderhede kan met haar in verbinding getree word by 051-773-0324 of e-pos aan me. Anita Harmse by karooconf@vodamail.co.za.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|