Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Groot trap begin in Tour
Die stryd om die Tour de France se groen trui het gister in alle erns begin toe Thor Hushovd van Cervelo die sesde skof gewen het.
Byesiekte wyer as voorheen gehoop
Kliniese simptome van die gevreesde Amerikaanse jongbysiekte is in byekorwe tot so ver as Oudtshoorn gevind.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 3°C - 18°C



>

Voëlkykdag om die draai
Nov 10 2008 11:56:02:640AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Gereelde lesers, soos enige voëlkyker, sal weet dat die grootste voëlkykgebeurtenis op die kalender in November plaasvind.

BirdLife Suid-Afrika se grootste geldinsameling van die jaar word in die laaste week van November gehou, met die hoogtepunt op die Saterdag wat ook die amptelike dag is.

Dus is Saterdag 29 November die grootste dag in talle mense se voëlkykjaar en staan onder voëlkykers as birding big day bekend.

Die naam sê dit alles. Dit is 24 uur (Vrydag 28 November om middernag tot Saterdag 29 November om middernag) se intensiewe voëlkyk waarin die meeste voëlspesies binne ’n radius van 50 km gesien moet word.

Dit is harde werk en baie uitputtend, maar ook ongelooflik lekker en die moeite werd om alles te los en vir ’n hele dag net te doen waarvoor jy lief is.

Verder het die dag ten doel dat al die deelnemende spanne probeer om soveel moontlik geld in te samel deur borgskappe te bekom.

Daar was altyd agt kategorieë, maar vanjaar is besluit om dit uit te brei na nege met ’n SABAP 2-kategorie wat bykom. Die kategorieë is soos volg:

1. Ope: ’n Span van drie of vier.

2. Gesin: ’n Span met drie of vier onmiddellike familielede.

3. Korporatief: ’n Span van drie of vier van ’n onderneming of hul onmiddellike familielede met ’n minimum van twee werknemers.

4. Jeug: ’n Span van drie of vier kinders met ’n nie-deelnemende volwasse bestuurder. (Die afdeling is veral vir skole, Voortrekkers en Landsdiensgroepe).

5. Voorgee: ’n Span van drie of vier wat voor 29 November sy gebied moet kies en dan word ’n voëllys verskaf van die voëls wat al daar gesien is. ’n Persentasie word uitgewerk tussen die aantal spesies gesien en dit wat gesien kan word.

6. Gemeenskap: ’n Span van maksimum 20.

7. Tuin: ’n Span van twee tot vier. Die spesies in jou tuin gesien en gehoor, word getel. Die 50 km-radius geld dus nie.

8. Plaas: ’n Span van twee tot vier binne die grense van ’n plaas. Die 50 km-radius geld nie.

9. SABAP 2: ’n Span van drie of vier met ’n aktiewe atlasser en een lid wat nog nooit ge-atlas het nie.

Die ope, gesins- , korporatiewe, jeug- , gemeenskap- en voorgeekategorieë kan slegs op Saterdag 29 November deelneem.

Die ander kategorieë van tuin, plaas en SABAP 2 kan dit die week voor die amptelike dag doen.

In die Vrystaat is daar nou ses ope spanne wat deelneem met die strafste kompetisie in die Bloemfontein-omgewing tussen twee spanne wat al jare dieselfde roete doen. Die huidige rekord van 192 spesies is verlede jaar opgestel deur die Chirpmonks gelei deur Rick Nuttall en met Werner Sinclair, Stefan du Preez en Herman Kleynhans as spanlede.

Hierdie getal is ongelooflik as gekyk word na die moontlike aantal spesies in die gebied. Die hoogste mikpunt in die Bloemfontein-omgewing is natuurlik om daardie ewig ontwykende 200-tal te bereik.

Baie sterkte aan al die spanne en mag die beste weersomstandighede en tellings jul kant toe kom. Hierdie dag is ’n heerlike mededingende dag in ’n andersins rustige tydverdryf.

Neem deel, geniet die vriendskap, kamaraderie en die ongelooflike voorreg om tyd saam in die natuur deur te bring.

  • Vir meer inligting hieroor kontak gerus Louise of Dawie by die Nasionale Museum op 051-447 9609.

    Teken in op Volksblad


  • Vind
    Reis en Verblyf
    Werksgeleenthede
    Top Afrikaanse Boeke
    Kom ons Kliek
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende


    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer