Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 3°C - 18°C> |
|
Checkpoint Charlie vertel
van groue tyd
Dit is Vrydag 11 Augustus 1961. Jy woon in Oos-Berlyn, maar werk in Wes-Berlyn. Jou dag se skof is klaar en jy is op pad huis toe. Op Sondag 13 Augustus 1961 kom jy agter alles is nie pluis nie. Oos- en Wes-Berlyn is oornag deur ’n muur van doringdraad en versperrings geskei en jy weet dat jy Maandag nie werk toe sal kan gaan nie. Dit is hoe duisende inwoners van Oos-Berlyn destyds moes gevoel het toe die Berlynse Muur oornag opgerig is om Oos-Berlyners te keer om na Wes-Berlyn oor te loop. Die muur van ongeveer 140 km was 28 jaar lank die skeiding tussen Oos en Wes totdat Günter Schabowski, die Oos-Duitse minister van propaganda, op 9 November 1989 aangekondig dat onverhinderde toegang tussen Oos- en Wes-Berlyn deur die tien beheerpunte in die Berlynse Muur onmiddellik toegelaat sal word. Vandag is die muur nie meer nie, maar een van die bekendste beheerpunte in die muur, Checkpoint Charlie, is een van Berlyn se bekendste toeristetrekpleisters. Bakstene ingebou in die Berlyn van vandag se sypaadjies wys waar die muur eens gestaan het. Wes-Berlyn is ook die plek waar die Amerikaanse president John F. Kennedy sy baie bekende Ich bin ein Berliner- (Ek is een met die mense van Berlyn) toespraak in 1963 gemaak het. Hedendaagse mite wil dit hê dat Kennedy se taalgebruik verkeerd was en hy eintlik gesê het “Ek is ’n konfyt-tertjie” (’n Berliner is ook ’n konfyt-gevulde tertjie), maar sy taalgebruik was 100% reg. As jy in Berlyn is, is ’n besoek aan Checkpoint Charlie, die Haus am Checkpoint Charlie (museum) en die opeluguitstalling daar beslis ’n moet. Talle Berlyners jonger as 30 jaar sal jou vertel dat die val van die Berlynse Muur die beste ding is wat in ’n lang tyd met Berlyn kon gebeur het. Nadat die muur geval het, is sommige van die stad se modernste geboue in die destydste Oos-Berlyn gebou om dit op dieselfde peil as die res van die stad te bring. Min mense sal dink dat ’n plek soos die Postdammer Platz nog nie eens 20 jaar oud is nie, en eers weer ná 1990 opgebou is nadat dit in die Tweede Wêreldoorlog vernietig is en gedurende die Koue Oorlog braak gelê het. Nog interessante besienswaardighede is Alexanderplatz met sy Fernsehturm (TV-toring), Unter den Linden, die bekende wandellaan met sy suurlemoenbome wat jou lei na die Brandenburg Tor, Kurfürstendamm, die bekendste inkopiestraat in Berlyn met winkels van onder meer Gucci, Bulgari, Chanel, Louis Vuitton, Tommy Hilfiger, Cartier en Swarovski, die stad se grootste park, die Tiergarten, en vele meer. Berlyn is beslis ’n wêreldstad met iets vir almal en behoort bo-aan jou lysie te wees van tien plekke wat jy moet sien voordat jy doodgaan en jy ook kan sê Ich bin ein Berliner.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|