Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Groot trap begin in Tour
Die stryd om die Tour de France se groen trui het gister in alle erns begin toe Thor Hushovd van Cervelo die sesde skof gewen het.
Byesiekte wyer as voorheen gehoop
Kliniese simptome van die gevreesde Amerikaanse jongbysiekte is in byekorwe tot so ver as Oudtshoorn gevind.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 3°C - 18°C



>

Elke inwoner moet wette, reëls nakom
Sep 30 2008 10:50:00:123PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Dit het mode geword dat die ongematigdes deesdae die orde omverwerp deur hul wil op die gematigdes af te dwing deur middel van stakings, massa-optredes, brandstigting en selfs moord-dreigemente!

Ontevrede misdadigers agter tralies gaan oor tot eetstakings as daar nie aan hul eise voldoen word nie. Cosatu neem die strate op horings met massa-aksies en rig miljoene rande se skade aan die ekonomie aan met stakings oor stygende voedselpryse. Iets waaraan ’n regering weinig kan doen om ’n wesentlike verlaging in voedselpryse te bewerkstellig, omdat hoë oliepryse hoofsaaklik verantwoordelik is vir stygende lewenskoste wêreldwyd.

Studente steek geboue van die Noordwes-Universiteit se Mafikeng-kampus aan die brand omdat dissiplinêre stappe teen van hul makkers gedoen word vir oortredings wat hul begaan het. Eis sommer in dieselfde asem die bedanking van die rektor.

Die arrogante jeugleier van die ANC, Julius Malema, eis die bedanking van die vorige demokraties verkose president van die land, mnr. Thabo Mbeki, en dreig met moord as die leier van die ANC, mnr. Jacob Zuma, nie as president van die Republiek van Suid-Afrika verkies word nie.

Die vraag kan nou met reg gevra word, wie regeer nou eintlik die land?

’n Mens se lewe word in groot mate bepaal deur die keuses wat jy op ’n dag-tot-dag- grondslag maak.

As elke verantwoordelike ouer en volwassene dit sy/haar selfopgelegde taak maak om die basiese beginsels van waardes, soos eerlikheid, dissipline en verantwoordelikheid by ons kinders en jong mense in te skerp by wyse van opvoeding en voorbeeld, sal die toekomstige geslagte beter toegerus wees om verantwoordelike keuses te doen en daarvolgens te handel.

Die tyd is oorryp dat elke inwoner van die land die verantwoordelikheid moet neem om nougeset elke landswet of reël wat op hom/haar van toepassing mag wees, streng na te kom. Dit is waar alles begin om wet en orde in ’n samelewing gevestig te kry – by my en by jou.

Kom mnr. Nhati Mthetwa, jy sal Suid-Afrika agter jou verenig as jy, as die nuwe minister van veiligheid en sekuriteit, ernstig sal wees met pogings om misdaad en korrupsie met hand en tand te beveg. Saam sal ons dit kan doen om ’n beter toekoms vir almal in hierdie mooi land van ons te skep.

Kom ons span saam en doen dit!

Mev. Jeanie Hattingh
VF Plus-raadslid, Kroonstad

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer