Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 19°C - 30°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Naas moet vir Francois oplei
Oct 04 2008 01:54:22:363AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Indien Peter Grant ons beste losskakel is, soos Naas Botha sê, is Springbokrugby kniediep in die tjorts. Ons sit met ’n absolute briljante Francois Steyn wat daarna smag om losskakel te speel.

Wat het ons in Steyn? Groot, fris, vrek sterk, vinnig genoeg vir losskakelspel, baie dapper, hardekwas genoeg vir enige situasie, met ’n “merske” skopvoet – langafstand-stelskoppe pale toe. En nog erger sy skepskoppe.

Hierdie unieke speler moet op losskakel losgelaat word, waar hy graag wil speel. Sy pa het dit nou die aand weer op TV genoem. In Francois se kop is hy ’n losskakel!

Hoe dan nou? Naas kan mos help!? Naas moet hom oplei oor hoe om soos ’n ware generaal dinge te laat gebeur, hoe hy deur hantering die teenstanders aan die slaap moet sus en dan gapings te skep, hoe en waar om die opponente te uitoorlê, lyn-skoppe te torpedo, opponente se moed te breek, steekskoppies en rolskoppies effektief uit te voer, “up-and-unders” te “torpedo”, ’n agterlyn reguit te trek, die senters in staat te stel om in die middelveld te dartel en baljaar.

En ons blitse spasie aan die buitekante te besorg en hoe die losskakel die een is wat die agterlyn se aanval-spoed bepaal deur self soos ’n pyl uit ’n boog vorentoe (en nie sywaarts nie) te snel, en nog meer.

En lei vir Jacques-Louis Potgieter, nog ’n blink ster, op as Steyn se “side-kick” op die bank.

Kom nou Naas, doen iets wat die jong man sal laat blom – in Springbok-belang!

Dr. Bertie Fourie

Noord-Kaap

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer