Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 18°C - 28°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Skole: Dís ’n hartseerstorie
Oct 04 2008 01:54:21:830AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Ek lees op 1 Oktober in Volksblad die minister van onderwys, mev. Naledi Pandor, het ’n verslag bekend gemaak. In ’n opname onder sowat 54 000 gr. 3-leerlinge uit 2 400 laerskole is bevind hulle het gemiddeld 36% vir geletterheid en 35% vir gesyferdheid gekry.

Hoekom is sy geskok?

Ek hou vir graad 7-leerders skool en ek beleef dit elke dag in my klas!

Die ironie is dat ek nou net mooi tien jaar skoolhou en toe uitkomsgebaseerde onderwys (UGO) sy kop begin uitsteek het, het ek persoonlik vir ’n amptenaar van die departement gesê: “Meneer, ons gaan ’n geslag verloor!” Sy kalm antwoord was: “Mevrou elke verandering eis maar sy slagoffers, dan moet dit maar so wees!”

Nou, tien jaar (’n geslag) verder, het ons rondritsende president en byna sy hele kabinet, bedank, en ons sit op skoensoolvlak met kinders wat nie ’n idee het van skryf, lees of tel nie!

En wie moet ons bedank? Die ANC wat nie wou luister na ons besware, ons waarskuwings en advies nie. Ek kan huil vir die arme leerders wat onder die nuwe “Bevrydings”-regering hulle ware “bevryding” verloor het.

Mev. Pandor kan maar met veldtogte begin, maar my leerders sal nie meer daarby baat nie. Die voorland vir meeste van hulle sal armoede en werkloosheid wees.

Dis die lank en die kort van ’n hartseerstorie.

Annatjie Botha

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer