Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 17°C - 31°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Twee halwe ANC’s is beter as een, maar...
Nov 20 2008 12:08:13:893AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Dit is waar dat twee halwe ANC’s beter is as een, maar die een helfte is nie beter as die ander nie.

Die voordeel van die huidige politieke situasie ten opsigte van die ANC lê in die skeuring en nie in enige van die twee kampe nie. Dit sal verhoed dat die ANC in die komende verkiesing ’n 70%- meerderheid kry en kan maak wat hulle wil. Die ANC kan selfs tot onder ’n meerderheid van 50% gedruk word indien Cope van mnr. Mosiuoa Lekota 20% kan realiseer wat dan koalisieregering ’n werklikheid maak.

Die Cope van mnr. Lekota is niks anders nie as die ANC in ’n ander gewaad. Lekota het by herhaling verklaar dat sy nuwe party eintlik die ware ANC is en dat hulle by die ANC se Vryheidsmanifes en beginsels staan. As premier van die Vrystaat was dit Lekota wat dr. H.F. Verwoerd se standbeeld laat afbreek en toegelaat het dat daar op die standbeeld getoi-toi word. As minister van verdediging het hy die vier kuratore by die Oorlogmuseum in Pretoria, deur militêre polisie in hegtenis laat neem.

Onder sy ministerskap van verdediging is die kommandostelsel afgeskaf. In die ANC het hy geswyg oor Julius Malema en andere se haatspraak. Binne Cope sit Lekota met radikale elemente soos Papi Kganare en andere uit die SAKP en Cosatu. Daar is dus geen heil vir Afrikaners by Lekota nie, die heil lê slegs in die skeuring van die ANC.

Kiesers moet vir die politieke party stem wat hul beginsels, ideale en strewes sal verteenwoordig. Daardie politieke partye sal dan in ’n moontlike koalisieregering daardie beginsels, ideale en strewes kan opeis en afdwing.

Abrie Oosthuizen, LPW

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer