Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 17°C - 30°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Rasseharmonie nooit só bereik nie
Nov 21 2008 03:46:26:580AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Jannie du Toit
Coronationweg 38, Sunnyridge, Oos-Londen

Rasseharmonie en verdraagsaamheid tussen die verskillende rasse? Nooit, terwyl daar Komphelas, Frolicks, Mal Emmas, Watsons en Stofiles in die land is nie.

Hulle dryf wigte in tussen die blanke en swart bevolking deur hulle ondeurdagte uitlatings oor dinge waarvan hulle weinig weet.

’n Mens moet jouself behoorlik dissiplineer om nie skuldig te wees aan haatspraak nie.

Wie het rugby gebring en bevorder waar dit vandag is? Wie het die stadions gebou wat hierdie leëkoppe nou op wil aanspraak maak?

Beslis nie die swart bevolking nie.

Hulle wil alles aan hulleself toeëien waarin hulle geen deel aan gehad het nie.

Al wat hulle doen, is rassehaat aanmoedig deur alles wat dierbaar is en opgebou is deur die blanke te vernietig. Eensgesindheid, nooit!

Die Springbok is ’n grasieuse dier wat pas by rugby en het absoluut niks te doen met verdeeldheid of apartheid nie.

Ongelukkig vir ons land sal mense soos hierdie skeiding en verdeeldheid in alles sien net om nog meer verdeeldheid te veroorsaak.

Kom, Suid-Afrika, kom ons boikot alles wat te doen het met die soort rugby wat Komphela en sy lakeie voorskryf! Dan kan hulle met hulle “soustrein-” salaris die onderhoud van al hierdie dinge behartig.

Die enigste plek waar jy hom kan bykom, is in sy sak, en hy verander sy deuntjie blitsvinnig, want dit is al wat vir hom saak maak.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer