Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 19°C - 28°C> |
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||
|
Kom asseblief by
Oom Petrus se brief, Moeilike besluite vir Christelike joernalis (24/12/08) verwys. Petrus se verwysing na sy oom wat nie in die vol bus sou opstaan vir ’n vrou met ’n langbroek nie, maar wel vir een wat ’n rok dra, het my gedagtes teruggevoer na my jeugjare toe baie Afrikanervroue in baie opsigte nog in “ballingskap” gelewe het. Oudominee, erg gemotiveer deur die ondergeskikte rol van die Joodse vroue van die Ou Testament, het hartlik meegedoen aan diskriminasie teenoor vroue. Sy sonde-“checklist” het onder meer bepaal dat vroue nie broeke (langbroeke!) mag dra nie. Dit was ook sonde vir vroue om te rook, maar vir mans en predikante was dit oukei. My liewe moeder wat graag haar lippe rooi gemaak het, moes ook van die kansel hoor dat dit sonde was. Gelukkig het ons nou uit die ystertydperk beweeg en het die baas-klaas-verhouding plek gemaak vir ’n leefwêreld waar die meeste vroue mede-broodwinners en selfs hoof-broodwinners is. En dan vertolk hulle nog die moeder-rol tussen in. Ek salueer hulle. Ek kan nie agter die kap van Petrus se byl kom met sy verwysing na die Esmarie Weideman-Steve Hofmeyr-tee-voorval nie. Ek hoop nie hy het bedoel dat Esmarie maar die gooi van die tee soos ’n “man” moet vat nie. Hofmeyr se optrede was erg onbeskof en om dit te probeer verdedig, is absurd. Ek het ook ’n probleem met Petrus se “Christelike joernalis” en “Christelike diskresie” want beteken dit, dat wanneer ’n joernalis ’n persoon met hoë profiel erg aanval, sodanige optrede on-Christelik sal wees? Dit is meermale juis nodig dat joernaliste hoëprofiel-persone se ballonnetjies prik om van hul warm lug ontslae te raak. Petrus se verwysing na die privaatheid van mense se lewe het my laat wonder of dit beteken (en dit is wat hy sê), dat joernaliste Jacob Zuma se stort-privaatheid moes ignoreer? Niemand is bo kritiek verhewe nie. Kom asseblief by Petrus, ons lewe nou in ’n land met mediavryheid en ek glo niemand verlang terug na die verstikkende sensuur van die Connie Mulder-era nie. Sancho PanzaParys
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|