Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  


>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

SA moet alles in stryd werp teen MIV/vigs
Oct 04 2008 01:56:49:570AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die ontwikkeling van MIV-toetstoestelle waarmee daar deur middel van ’n vingerprik feitlik dadelik bepaal kan word of mense die virus wat tot vigs lei in hul bloed het of nie, is ’n uiters belangrike ontwikkeling in die stryd teen die vigspandemie.

Dit red lewens, want dit beteken dat meer mense vinniger getoets kan word vir die siekte.

En feitlik dadelik weet wat hul status is.

Indien nodig kan hulle ook gouer met behandeling begin.

Voorheen moes mense tot ’n week lank wag vir die uitslag van toetse.

Daar was dan die gevaar dat mense dikwels nie na die fasiliteit waar die bloed vir toetsing getrek is, teruggekeer het vir die uitslag nie.

Dit het meegebring dat mense wat MIV-positief getoets het, terug na hul gemeenskappe is sonder dié belangrike inligting.

Hulle het nie hul leefgewoontes en sek?sue?le gedrag dienooreenkomstig aangepas nie.

Die aanvanklike euforie oor die toestel is ietwat gedemp toe van dit onlangs herroep is omdat dit foutief was.

Dít is ’n groot terugslag, veral omdat dit maklik voorkom kon word.

Indien gehaltebeheer streng afgedwing is en ’n behoorlike reguleringsraamwerk in plek was, behoort dit nooit te gebeur het nie.

Suid-Afrika, met sy hemelhoë vigssyfers, kan nié sulke agtelosigheid bekostig nie.

Een van pres. Thabo Mbeki se swak punte was sy wapraatjies rondom vigs.

Toe dít blyk hoe hy hom hiermee misgis het, het hy hom ook nukkerig aan die vigsdebat onttrek. Dít terwyl honderde Suid-Afrikaners daagliks daaraan sterf.

Hopelik sal Suid-Afrika se nuwe president, Kgalema Motlanthe, voor in die loopgraaf wees in die reuse-geveg teen dié MIV/vigskrisis.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer