Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 17°C - 30°C> |
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||
|
Kosbare skat met entoesiasme bewaar
LADYBRAND. - Dit het alles begin met die klein kantoortjie op die plaas buite die dorp wat mnr. Antonie du Toit by die Rooms-Katolieke kerk gehuur het. Die omliggende lande is aan boere verhuur, maar die pragtige ou sandsteengeboutjies van die eertydse Frans-Kanadese sendingstasie aan die voet van die berg het grootliks in onbruik gestaan. Du Toit en sy vrou, Philreen, het die geboue in 2003 van die kerk gekoop en so stuk-stuk het hulle die kapel en die omliggende geboue opgeknap. Een van die huise wat verbind is met die eertydse pakkamer waarby mense van die omgewing voorraad kom koop het, dien nou as hul woonhuis. Van die ander geboue op die werf is 'n kliniek, 'n hospitaal, 'n eetsaal waar die nonne geëet het en die biskop se woonhuis. Philreen sê daar was nie veel van 'n tuin toe hulle ingetrek het nie - net hope madeliefies. Sy en 'n paar vriendinne het begin tuinmaak. Sy het aanvanklik 50 rose geplant, maar sowat 250 rose pryk nou oral op die werf. Philreen sê sy het vir haar 'n "maantuin" gemaak met baie wit rose wat in die aandlig skitter. Hul seun Werner, bekend vir die pragtige porseleinware wat hy in die fabriek op die plaas maak, het vroeër saam met sy vrou, Phillipa, in die eertydse biskop-huis gewoon. Hulle is ook in die klein kapelletjie getroud. Dié twee en hul gesin woon nou in 'n ander ou kerkie elders op die plaas. Werner het destyds 'n fontein gebou wat van die "eetsaal" oor die grasperk tot by die huis vloei. Hy het 'n paar drakekoppe gemaak vir dié interessante fontein wat pragtig by die geboue op die werf inskakel. Die water kom uit 'n reservoir wat oorloop in die fontein. Die berge by Ladybrand vorm 'n pragtige agtergrond vir dié geskiedkundige Villa St. Joseph. Hulle stel sedert die begin van die jaar ook die kapelletjie beskikbaar vir mense wat hier wil trou. Dit is wonderlik dat dié kosbare skat met sóveel entoesiasme deur dié gesin bewaar word.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|