Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Groot trap begin in Tour
Die stryd om die Tour de France se groen trui het gister in alle erns begin toe Thor Hushovd van Cervelo die sesde skof gewen het.
Byesiekte wyer as voorheen gehoop
Kliniese simptome van die gevreesde Amerikaanse jongbysiekte is in byekorwe tot so ver as Oudtshoorn gevind.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 3°C - 18°C



>

Pragtige tuin is sielskos vir die gemoed
Dec 01 2008 01:35:43:713PM  - (SA)  
siska martin



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

WINBURG. - Die pragtuin van mev. Lettie van Straaten tref die oog wanneer die besoeker daar verbyry. Die grasperk is pragtig groen en die roosbome blom, al het die wind kort tevore die rose verniel.

Oral in die tuin in Noordlaan 3 is beeldjies en oulike hoekies - hier verras 'n paar kabouters en op 'n ander plek "bad" 'n porseleinvoëltjie.

Helderkleurige klimrame vertel kleinkinders kan hier heerlik speel. Gesels jy met Van Straaten hoor jy hoe die kleinkinders se verjaardagpartyjies gereeld hier in die tuin en lapa gehou word. Die lapa word veral gebruik wanneer ál sewe Van Straaten-kinders en hul gesinne kom kuier.

'n Oulike bruggie met 'n treurmoerbei daarnaas en 'n wensput in die middel van die tuin verskaf mooi fokuspunte. Die dakkie van die wensput het in 'n vorige leeftyd onderdak verskaf vir die gebruikers van 'n outydse telefoonhokkie. Die geluid van kabbelende water uit verskeie waterfokuspunte streel die gemoed.

Van Straaten, wat al 40 jaar hier woon, geniet haar lekker leeftuin terdeë. "As ek vroegoggend opstaan, maak ek die deur oop en kyk uit oor die tuin. Dan raak ek rustig en kry sommer krag vir die dag."

Haar gunstelingblomme is rose en irisse. Veral laasgenoemde is vir haar spesiaal en sy het tussen tien en 15 verskillende kleure in die tuin, insluitend swart en wynrooi.

Die meer  as  50  roosbome  in  die tuin is hoofsaaklik gekoop vir die kleurskouspel wat hulle verskaf, maar daar is ook 'n paar rose wat heerlik ruik. Hier is die Peace en Double Delight haar gunstelinge. Van Straten hou van 'n kleurryke tuin.

Die enkele jaarplante soos petunias en gesiggies dra by tot die vrolike vertoning in die tuin.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer