Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Groot trap begin in Tour
Die stryd om die Tour de France se groen trui het gister in alle erns begin toe Thor Hushovd van Cervelo die sesde skof gewen het.
Byesiekte wyer as voorheen gehoop
Kliniese simptome van die gevreesde Amerikaanse jongbysiekte is in byekorwe tot so ver as Oudtshoorn gevind.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 3°C - 18°C



>

Skud die gewoel van die stad af
Dec 08 2008 01:53:02:000PM  - (SA)  
lientjie mentz



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

In die skadu van tientalle groot bome strek 'n smaraggroen grasperk in alle rigtings tot aan die oewer van die Modderrivier.

Dit is hier langs die rivier in die heerlike skadutuin met sy gerieflike huis waar mnr. Albert van Zyl 'n tuiste vir hom en sy gesin geskep het.

Hy het die landgoed skuins oorkant Maselspoort so 'n bietjie meer as drie jaar gelede uit die boedel van wyle dr. John Groenewald bekom en begin Februarie uit die stad hierheen verhuis.

Hy sê dit is vir hom en sy eerste vrou, Carin van Niekerk, heerlik om hier op die 4 ha-hoewe ver van die stad se gewoel te bly. Twee seuns bly hier saam met hulle op die Riverside-landgoed en Van Zyl se ander drie seuns kuier graag hier langs die rivier.

Die seuns geniet die bootry en watersport en swem heerlik hier in die rivier. Hier kan hulle langs die rivier kuier of as familie en saam met vriende 'n vleisie op die stoep braai. Van Zyl sê hier is oorgenoeg ruimte sodat elkeen homself kan geniet.

Die tuin met sy groot verskeidenheid bome wat vroeër jare hier geplant is, beslaan byna 3 ha van die hoewe.

Van Zyl sê hier kom sommer 'n groot verskeidenheid voëls na die bome en eende swem gereeld voor hulle in die rivier verby.

Teen een buitemuur het hulle onlangs 'n klompie rose geplant wat kleur hier verskaf en in die binnehoffie by die hoofslaapkamer het hulle ook roosbome geplant met monde-gras daaronder.

Aan die een kant het die hoofslaapkamer dus 'n uitgestrekte uitsig oor die tuin met die rivier daaronder en aan die ander kant gaan die roostuintjie mettertyd 'n besonderse vertoning lewer.

Van Zyl sê dit is veral vir hulle lekker om op die 3 km-grondpaadjie anderkant Maselspoort te ry, die stad en sy bedrywighede af te skud en   hulle   te   verlustig in die plaasatmosfeer hier op Riverside.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer