Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 20°C - 30°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Die land van melk en vere
Nov 12 2008 01:35:19:713PM  - (SA)  
siska martin



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

FICKSBURG. – Hoewel ons aanvanklik die groot, wit gans langs die pad misgekyk het, kan ’n mens hom nie eintlik mis nie.

Toe ons eindelik op die plaas Uitkyk van mnr. Reuter en mev. Anneke Sorour stilhou, is dit langs ’n kamp met ’n menigte klein gansies. Die wollerige skepseltjies hardloop heen en weer op die grasperk langs die plaasopstal.

Hier, onder ’n reuse-koelteboom, proe ons kaas en gesels oor die Sorours se organiese boerdery.

Anneke was saam met Reuter se suster ’n lugwaardin toe sy dié boorling van die omgewing ontmoet het. Aanvanklik het hulle ’n saadonderneming gehad, later ’n groenteboerdery en eindelik het hulle na melkproduksie oorgeslaan.

Intussen het die melkproduksie ook uitgebrei na kaasproduksie en kan ’n redelike verskeidenheid organies vervaardigde kaassoorte op die plaas geproe word.

Die eintlike rede vir die besoek is die ganse. Die Sorours woon nou 12 jaar hier op Uitkyk. Aanvanklik het hulle 50 ganse aangeskaf, kort voor lank was daar 100 ganse en Anneke het die ganse begin pluk om gansveerprodukte as geskenke weg te gee.

Deesdae is daar 500 volwasse ganse op die plaas. Hoewel sy die ganse elke ses weke kan pluk, kry Anneke soveel bestellings vir haar produkte dat sy beswaarlik kan voorbly. Sy maak self al die produkte en het net een helper, me. Puleng Thobisi, wat haar bystaan.

Volgens Anneke kry sy sowat 12 tot 15 g dons per gans. Nadat die ganse gepluk is, word die dons oornag geweek en in sakke in die wasmasjien gewas. Nadat dit in ’n tuimeldroër drooggemaak is, is dit reg om in donsprodukte gebruik te word.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer