Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 17°C - 31°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Organies beter vir ’n mens
Nov 12 2008 01:35:16:510PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Organiese boerdery is Reuter Sorour se passie. Hy vertel hy het jare gelede reeds besef die gewone manier van doen is nie altyd die beste vir die grond óf die mens nie.

“Die gesondheid en integ-riteit van jou produksiestelsel is die belangrikste, nie winsgewendheid nie.”

Die melkbeeste en ganse op die plaas wei slegs op klawer, lusern en gras. Hy glo hoe nader sy produksiestelsel aan die natuur is, hoe beter is sy produk.

Hoewel dit op die lang termyn goedkoper is om organies te boer is die oorskakeling tydsaam en duur.

“Ons het baie probleme gehad met die oorskakeling, maar dit gaan nou reeds baie beter.” Volgens Reuter boet hy steeds produksie in ter wille van ’n gesonder kudde.

Hy beklemtoon egter dit is vir hom die moeite werd om voedsel te vervaardig wat veilig en gesond is vir sy kinders om te eet.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer