Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 19°C - 30°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

MIV-projek ’n groot sukses
Nov 12 2008 01:35:15:667PM  - (SA)  
CHRISTEL STEENKAMP



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

GRIEKWASTAD. – Die gesondheidsentrum op Griekwastad het sy gewig by die nasionale MIV/vigs-bewusmakingsweek ingegooi en het hard gewerk om die doelwit te bereik om 100 mans tussen 25 en 30 oud te motiveer om hul gratis te laat toets en so bewus te wees van hul MIV/vigs-status.

’n Kompetisie waarin ’n televisiestel deur een van die toetsers gewen kon word, is ook saam met die toetsingsgeleentheid aangebied. Deelnemers is individueel deur ’n maatskaplike werker van die departement van gesondheid begelei voordat die toetsing plaasgevind het.

Volgens mnr. David Mgijma, maatskaplike werker, is deelnemers eers ingelig oor presies wat die toetsing behels. Die uitslae is 100% vertroulik en sal ook in privaatheid deur die maatskaplike werker aan deelnemers oorgedra word.

Die deelname van die mans op Griekwastad het verpleegpersoneel van die Griekwastad-gesondheidsentrum oorweldig. Volgens mnr. Tsietsi Shushu, professionele verpleegkundige en leier van die bewustheidsprojek, het mans van 19 jaar tot die oudste deelnemer van 82 op hul veldtog gereageer.

Die bewusmakingsweek is op ’n hoogtepunt afgesluit. Die mikpunt van 100 mans is ver oortref deurdat 160 mans gedurende die week getoets is.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer