Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Groot trap begin in Tour
Die stryd om die Tour de France se groen trui het gister in alle erns begin toe Thor Hushovd van Cervelo die sesde skof gewen het.
Byesiekte wyer as voorheen gehoop
Kliniese simptome van die gevreesde Amerikaanse jongbysiekte is in byekorwe tot so ver as Oudtshoorn gevind.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 3°C - 18°C



>

Dít maak dié kunstenaar se lewe die moeite werd
Nov 19 2008 08:31:30:753AM  - (SA)  
Siska Martin



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

LADYBRAND. – Sy staan daar met haar blikhandsakkie en die blikhoedjie op haar kop. Daar is blikblomme op haar hoed en vars Barberton-daisies in haar handsak.

Sy is van klip gemaak, maar haar hart lyk nie kliphard nie. In die tuin sal sy gaste welkom laat voel, in die winkel nooi sy jou in.

Sy is een van mev. Alita Bartleman se sandsteen-skeppings – ’n figuur van ’n vroutjie wat reg is om inkopies te gaan doen.

Bartleman, wat oorspronklik van Humansdorp kom, het onderwys aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) gestudeer. Haar eerste pos was hier op Ladybrand as biologie-onderwyser, ’n pos wat sy sewe jaar beklee het.

Ná haar troue met Tommy 15 jaar gelede is twee kinders gebore – Fontaine (12) en Elsabé (9).

“Hoewel onderwys my baie na aan die hart gelê het, is die kinders vir my belangriker. Ek wil by hulle betrokke wees en deel van hul grootwordjare wees,” vertel Bartleman.

Toe sy in 2005 die geleentheid gekry het om die Maluti Sandstone te koop het sy en ’n vriendin dit met albei hande aangegryp. Sy het die vriendin later uitgekoop en is nou alleeneienaar van dié skeppende onderneming.

Bartleman vertel sy is nie van nature kunstig nie, maar sy kry oral idees. “Ek kyk anders na my omgewing.”

Sy beklemtoon sukses hang af van die mense wat vir jou werk. “Ek het ’n goeie span mense en ek waardeer hulle elke dag.”

Sy haal Moeder Theresa aan: “A kindness passed on is a blessing that never ends”.

“Ek wil graag gee, omdat ek al so baie ontvang het. Ek moet elke dag iets goeds vir iemand doen, want dit maak my lewe die moeite werd.”

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer